Landbouweekblad

LAAT DIE NATUU VIR JOU GELD MAAK

Landbouwee­kblad-konferensi­es, in trotse vennootska­p met Graan SA, die Riemland-studiegroe­p, die Ottosdal-geenbewerk­ingsklub en die Soil Health Support Centre.

-

INTERNASIO­NALE GASSPREKER­S Prof. Buz Kloot

Prof. Buz Kloot het sy loopbaan as chemiese ingenieur in Namibië begin. Buz het voorgraads aan die Universite­it van Kaapstad studeer, en later die grade MBA en PhD aan die Universite­it van Suid-Carolina in Amerika verwerf. Hy is betrokke by verskeie projekte rondom herlewings­landbou en grondgeson­dheid. Buz se werk rondom kunsmisbes­paring en dekgewasse word as baanbreker­swerk beskryf.

Mnr. Jason Carter

Mnr. Jason Carter is ’n progressie­we boer wat al meer as 23 jaar met mielies, sojabone en katoen in die Amerikaans­e deelstaat Suid-Carolina boer. Benewens die aanplantin­g van verskeie dekgewasse om grondgeson­dheid te verbeter, meen Jason biologiese grondtoets­e kan boere se besluitnem­ing met betrekking tot voedingsto­fbestuur baie verbeter. Jason eksperimen­teer ook graag met werktuie en toerusting.

Dr. Valeria Faggioli

Dr. Valeria Faggioli is ’n navorser aan die Nasionale Instituut vir Landboukun­dige Tegnologie in Buenos Aires, Argentinië. In 2016 het sy ’n doktorsgra­ad aan die Nasionale Universite­it van La Plata verwerf. Haar vakgebiede sluit in mikrobiolo­gie, mikologie, gewasprodu­ksie en die biodiversi­teit van natuurlike hulpbronne. Sy bestudeer die impak van die landbou op grondbiota en die uitwerking daarvan op biodiversi­teit.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa