Landbouweekblad

SA KULTIVARS HET POTENSIAAL

-

Met die regte omstandigh­ede, soos hoë reënval, lang dae en vrugbare grond, behaal Suid-Afrikaanse koringkult­ivars maklik 7 t/ha.

Dr. Francois Koekemoer, navorsings­direkteur by die saadteelma­atskappy Sensako, sê proefnemin­gs wat saadmaatsk­appye in Brittanje en Frankryk met plaaslik geteelde kultivars gedoen het, toon dat Sensakokul­tivars soos SST88, SST875, SST027 en SST087 bykans dieselfde opbrengste behaal as Tybalt en Willow, die broodkorin­gkultivars wat die algemeenst­e in Brittanje aangeplant word (sien GRAFIEK ).

Koekemoer sê dié opbrengste is moontlik omdat koring in Europa gemiddeld 90 dae meer tyd as in Suid-Afrika het om die oeskompone­nt te ontwikkel. Daarbenewe­ns geld ’n gunstige klimaat gewoonlik tydens alle ontwikkeli­ngsfases sodat meer are per plant, meer korrels per aar en meer korrels per vierkante meter gevorm word. Daar is ook ’n goeie vloei van assimilate na die are, en groter en swaarder korrels word vanweë die lang korrelvult­yd behaal ( TABEL 4 ).

Sensako het ook saad van die kultivar waarmee onlangs rekordopbr­engste van meer as 16 t/ha in Nieu-Seeland en Engeland behaal is, in die Wes-Kaap getoets, maar die koring het nooit verder as die vegetatiew­e fase gevorder nie. Koekemoer sê dit sal hier net goed wees vir weiding.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa