Landbouweekblad

BRANDPAAIE EN DIE REG

- BUTCH VAN BLERK

Hoe beskerm ek myself teen hofsake rondom brandpaaie?

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande (Wet 101 van 1998, bekend as die Brandwet) bepaal dat indien jy lid van die plaaslike brandveren­iging is, die brandveren­iging ’n plan vir brandstrok­e kan opstel en dit deur die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye kan laat goedkeur. In so ’n geval hoef net daardie spesifieke gebiede ingevolge die brandplan gebrand te word. As ’n brand op jou grond ontstaan en jy aan ’n brandveren­iging behoort, word jy ingevolge die wet onskuldig geag, tensy jy deur ’n hof skuldig bevind word.

Iemand wat nie lid van die plaaslike brandveren­iging is nie, moet op sy/haar plaas voorbrande maak. Indien ’n brand op jou plaas sou ontstaan en skade aan ander eiendomme aanrig, word jy skuldig geag totdat jy jou onskuld in ’n hof bewys.

Indien jy brandpaaie gemaak het, behoort jy te kan bewys dat jy soos ’n redelike mens opgetree het en nie vir ander grondeiena­ars se skade aanspreekl­ik sal wees weens die brand nie.

Wanneer ’n brand op jou grond kan ontstaan, of van jou grond af kan versprei, moet jy brandpaaie maak en dit in stand hou. Dit is die verpligtin­g wat die wet eienaars oplê en wat hulle moet nakom om nie deur omliggende eienaars aanspreekl­ik gehou te word vir skade nie.

Brandpaaie wat langs ’n deurgangsp­ad ge- maak is, vrywaar jou van aanspreekl­ikheid vir skade aan naburige eiendomme indien ’n brand wat vanaf die skouer van die pad ontstaan, oor jou grond sou trek. Dit sou wel onnodig wees in ’n geval waar ’n brandplan deur die plaaslike brandveren­iging opgestel is wat aandui dat brandpaaie nie weerskante van die betrokke pad gemaak hoef te word nie. Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

 ?? FOTO: JEAN DU PREEZ ?? Jy moet voorbrande op jou plaas maak, al is jy nie lid van jou plaaslike brandveren­iging nie.
FOTO: JEAN DU PREEZ Jy moet voorbrande op jou plaas maak, al is jy nie lid van jou plaaslike brandveren­iging nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa