Landbouweekblad

MELKFORMUL­E VIR HANSWILDSB­OKKIE

- ’n Plastiek- Coke-bottel kan saam met ’n rubberspee­n, wat by die koöperasie gekoop kan word, gebruik word om die bokkie groot te

FORMULE

Ek het ’n wees-wildsbokki­e. Watter melkformul­e kan ek gee? ■ 500 ml volroombee­smelk ■ 2 eiergele ■ Carmino Plus (Atec Internatio­nal) – 0,5 g per liter melk ■ Protexin (Kyron) – 1,5 g per dag (Vra jou plaaslike veearts om die bestanddel­e vir jou te bestel)

maak. Sterilisee­r die bottels ná elke voeding. Middels wat vir bababottel­s geregistre­er is, kan hiervoor gebruik word. Spoel die bottels goed uit voor die volgende voeding.

Die bokkie moet daagliks teen 10% tot 15% van sy liggaamsge­wig gevoer word, byvoorbeel­d ’n bokkie wat 10 kg weeg kry 1 liter tot 1,5 liter melk per dag. Verdeel die hoeveelhei­d melk per dag in vier tot ses voedings.

TEMPERATUU­R

Dit is belangrik dat die melk elke dag vars aangemaak en in die yskas gebêre word. Meet voor die voeding slegs die hoeveelhei­d melk vir daardie voeding af. Plaas die plastiekbo­ttel in ’n houer met kookwater totdat die melk liggaamste­mperatuur bereik. Toets die melk se temperatuu­r op die agterkant van jou hand; as dit jou hand brand, is dit te warm.

EIERS

Dit is belangrik om net eiergele te gebruik, aangesien die wit van die eier diarree veroorsaak.

URINERING EN ONTLASTING

Onthou dat pasgebore bokkies gestimulee­r moet word om te urineer en te ontlas deur ’n stukkie watte in louwarm water te doop en dan herhaaldel­ik oor die anus, vulva of skede te vryf.

LUSERN

Vanaf die derde week ná geboorte kan jy ook gekerfde groen lusern aanbied.

SPEENOUDER­DOM

Die bokkie kan binne drie tot ses maande gespeen word.

Hou in gedagte, bokkies se beste kans op oorlewing is by die ma. Indien hulle regtig wesies is, moet jy besef dit is baie harde werk om weesbokkie­s groot te maak en dat stres nie in hul guns tel nie. Indien jy nie hiervoor kans sien nie, kan jy ’n rehabilita­siesentrum naby jou kontak en die bokkie eerder soontoe neem.

Neem ook kennis dat permitte van Natuurbewa­ring benodig kan word. Kontak jou naaste Natuurbewa­ringskanto­or vir meer inligting. Dr. Faffa Malan is bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa