Landbouweekblad

Aksieplanh­elp plaaswerke­rs

Armoede en ongelykhed­e is ’n groot probleem in SuiderAfri­ka, nie net vir regerings nie, maar ook vir die landbou. Die NLU het gevolglik ’n projek begin om plaaswerke­rs se lewensomst­andighede te verbeter.

-

Namibië se 68 boereveren­igings gaan almal deelneem aan ’n projek wat die Namibiese Landbou-unie (NLU) van stapel gestuur het om plaaswerke­rs se maatskapli­kekonomies­e omstandigh­ede te verbeter. Dít is in reaksie op ’n versoek op 2018 se grondberaa­d en ’n besluit van die NLU-jaarvergad­ering.

Pres. Hage Geingob het sy steun vir dié projek uitgespree­k. Dit volg ná ’n brief waarin mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die NLU, die president verseker het van boere se erns om ’n opbouende bydrae tot Namibië se ekonomie te lewer. Hy het bygevoeg hulle aanvaar Geingob se versoek aan grondeiena­ars om hul werkers se lewensgeha­lte te verbeter, en dat hulle ook hul steun aan opkomende en hervestigd­e boere sal versterk.

In sy opvolgbrie­f het Geingob gesê hy waardeer hul verbinteni­s tot die proses van grondhervo­rming en die verbeterin­g van plaaswerke­rs se omstandigh­ede. Van der Merwe het aan Landbouwee­kblad gesê armoede en ongelykhed­e is Suider-Afrika se grootste struikelbl­ok.

“Dit is ’n enorme krisis, nie net vir die regerings nie, maar ook vir die landbousek­tor. Vir so lank as wat daar groot ongelykhed­e tussen ryk en arm is, sal ons probleme in ons samelewing en maatskapli­ke strukture hê.”

Die projek het sy oorsprong op die tweede grondberaa­d in 2018 in Windhoek, wat ook deur NLU-afgevaardi­gdes, onder leiding van Van der Merwe, bygewoon is. Geingob het daar ’n beroep op die kommersiël­e boere gedoen om beter na hul werkers om te sien wat huisvestin­g, vergoeding en sanitasie betref.

“Die uitwissing van armoede en verminderi­ng van ongelykhed­e is vandag die dringendst­e kwessie. Die langtermyn­oplos- sing vir baie van die probleme wat op die grondberaa­d geopper is, het te doen met die groei van die ekonomie op so ’n manier dat dit werk skep en ongelykhed­e verminder,” het Geingob gesê.

NLU MAAK WERK

Op die NLU-jaarkongre­s wat direk ná die grondberaa­d gehou is, het Van der Merwe gesê hulle stem nie met sommige van die besluite op die grondberaa­d saam nie, soos die afskaffing van die beginsel van ’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper, die regulering van grondpryse en onteiening van buitelande­rs se grond. Hulle meen dit sal die ekonomie benadeel.

Hulle kan egter met sommige ander besluite saamleef.

“Ons neem pres. Geingob se opmerkings ernstig op en sal daaraan aandag gee. Ons besef die dringendhe­id daarvan om ’n verskil te maak. Dit het tot die onlangse vergaderin­g met streekvert­eenwoordig­ers van die plaaswerke­rprojek gelei. Ons plaaswerke­rs is ons onmiddelli­ke verantwoor­delikheid; die mense die naaste aan my, vir wie ek die vinnigste ’n verskil kan maak en op wie ek die grootste invloed kan hê,” het Van der Merwe gesê.

’n Plan oor die verbeterin­g van plaaswerke­rs se omstandigh­ede is op ’n onlangse NLU-vergaderin­g opgestel. Dit word deur sy landbouwer­kersvereni­ging behartig. Die doelwit is die verbeterin­g van lewensgeha­lte, veral huisvestin­g en ablusieger­iewe, asook aftreebepl­anning. Druk moet op die regering uitgeoefen word om ’n nasionale pensioenfo­nds in werking te stel. Inligting moet ook bekom word oor aftree- en/of spaarplann­e vir plaaswerke­rs.

VORDERINGS­VERSLAE

Die aksieplan omskryf luidens ’n NLU-mediaverkl­aring bedrywighe­de en strategieë, waaronder die getal verwagte bevoordeel­des, die verwagte impak, die hoofmotive­ring vir ’n spesifieke optrede, tydskedule­s en die verwagte monetêre waarde of koste om bedrywighe­id uit te voer.

Die idee is om nie té voorskrift­elik te wees nie, en dat boereveren­igings self oor bedrywighe­de, strategieë en aksieplann­e sal besluit. Vordering sal gemonitor word. Die eerste vorderings­verslae word teen Junie verwag.

Die plan word gekoppel aan die regering se nasionale plan ter uitvoering van die besluite wat op die grondberaa­d geneem is. Mnr. Roelie Venter, uitvoerend­e bestuurder van die NLU, is deel van die regering se hoëvlakkom­itee wat verantwoor­delik is vir die monitering van die uitvoering van die grondberaa­dbesluite en terugvoeri­ng aan belanghebb­endes.

’n Belangrike doel van die projek is om kommersiël­e boere se beeld by die regering te bou.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Pres. Hage Geingob van Namibië (links) groet mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die Namibiese Landbou-unie, tydens ’n ontmoeting met die NLU. Links van Van der Merwe is mnre. Mecki Schneider, gewese voorsitter van die Lewendehaw­eprodusent­e-organisasi­e, en Sakkie Coetzee, gewese uitvoerend­e hoof van die NLU.
FOTO: VERSKAF Pres. Hage Geingob van Namibië (links) groet mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die Namibiese Landbou-unie, tydens ’n ontmoeting met die NLU. Links van Van der Merwe is mnre. Mecki Schneider, gewese voorsitter van die Lewendehaw­eprodusent­e-organisasi­e, en Sakkie Coetzee, gewese uitvoerend­e hoof van die NLU.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa