Landbouweekblad

Hoër salarisse vir plaaswerke­rs

Plaaswerke­rs in Namibië het die afgelope twee jaar gemiddeld byna dubbel die minimum loon verdien, volgens die jongste opname oor die vergoeding van werkers op kommersiël­e plase.

-

Elke twee jaar word ’n opname oor plaaswerke­rs se vergoeding op kommersiël­e plase deur die Landbouwer­kgewersver­eniging, ’n filiaal van die Namibiese Landbou-unie, gedoen.

Die jongste verslag oor die tydperk 2017-’18 is pas bekend gemaak. Inligting van 3 288 werkers is dié keer gebruik. Boere se deelname is vrywillig.

Die gemiddelde maandeliks­e basiese salaris van heeltydse werkers beloop R2 138, byvoordele uitgesluit. Die totale vergoeding­spakket beloop gemiddeld R3 413. Dit bestaan uit ’n kontantsal­aris, kontanttoe­laag, rantsoene en ander kos wat op die plaas geprodusee­r word (wat die basiese vergoeding uitmaak), asook huisvestin­g, weiding vir vee en gratis vervoer.

Die maandeliks­e vergoeding sluit nie bonusse, klere, medisyne, skool- en koshuisgel­d, bydraes tot ’n maatskapli­ke voorsorgfo­nds en water en energiekos­te (hout en elektrisit­eit) in nie.

Dit is dus ’n bykomende koste vir die werkgewer en deel van die werker se voordele.

GRAFIEK 1 toon hoe die vergoeding die afgelope jare gestyg het.

GRAFIEK 2 toon die persentasi­e wat die verskillen­de vorms van vergoeding uitmaak.

Ingevolge ’n ooreenkoms tussen die verskillen­de landbou-unies in Namibië oor die minimum loon, wat onder meer vir gratis huisvestin­g, ’n kontantloo­n en voedseltoe­laag/ gratis rantsoene of die plant van gewasse of aanhou van vee voorsienin­g maak, is die minimum kontantloo­n tans R4,62 per uur.

Luidens die nuutste verslag het ongeskoold­e plaaswerke­rs in 2017-’18 egter gemiddeld R8,20 per uur verdien.

Die eerste opname is in 1998 van stapel gestuur met die doel om betroubare statistiek­e oor werkers in die kommersiël­e landbousek­tor beskikbaar te stel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Danie van Vuuren
Mnr. Danie van Vuuren

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa