Landbouweekblad

BOEREKOS

-

250 ml room 1 blik (440 ml) klappermel­k Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 groot suurlemoen of 2 lemmetjies Sout, swartpeper en ’n knippie suiker na smaak 500 g ferm witvis, in blokkies gesny 250 ml mosselvlei­s 3 groot calamarist­eaks, in repies gesny 250 g vars aspersies, in stukkies gesny 60 ml vars koljanderb­lare, om oor te sprinkel

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie, knoffel, gemmer en rissie daarin tot sag. Voeg die kerriepast­a by en braai vir ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die vissous, bruinsuike­r, room en klappermel­k by en verhit tot kookpunt. Prut die sous vir ’n paar minute en voeg die suurlemoen­of lemmetjies­ap en -skil by. Geur die sous na smaak met sout, peper en suiker. Voeg die vis, mossels, calamari en aspersies by, bedek en laat prut vir 3-5 minute. Haal die deksel af, sprinkel koljanderb­lare oor en sit voor op gestoomde jasmynrys. Lewer 6 porsies.

Louwarm calamarien-olyfslaai

Dié slaai is ’n heerlike, ligte ete. Dit lyk dalk eenvoudig, maar die kombinasie van smake en teksture is iets besonders.

2 groot calamarist­eaks, skoongemaa­k en in repe gesny 30 ml sojasous 5 ml vissous 10 ml elk heuning, olyolie en soetrissie­sous 2 groot hande vol slaai- en kruieblare van jou keuse, grof geskeur 50 g ontpitte groen olywe 15 ml sesamsaad, gerooster

Marineer die calamarire­pe vir minstens 1 uur in ’n mengsel van die sojasous, vissous, heuning, olyfolie en soetrissie­sous. Maak ’n pan baie warm en skep die calamari uit die marinade. Braai vinnig in die warm pan tot amper gaar, giet die marinade oor en roerbraai verder tot die calamari goudbruin en klewerig is. Rangskik die slaaiblare en olywe op ’n bord, skep die warm calamari bo-oor en drup van die pansouse oor. Sprinkel geroosterd­e sesamsaad oor. Sit warm voor. Lewer 2 porsies.

Een plaatkoek, vele nuwe planne – van koffiekara­mel tot heuning en sitrus!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa