Landbouweekblad

SWARTMARK KAN TABAKBEDRY­F DOODDRUK

- — JASPER RAATS

Die toekoms van Suid-Afrika se tabakbedry­f is op ’n naaldpunt. Wetstoepas­sing (of ’n gebrek daaraan) in die volgende paar maande kan die bedryf maak of breek. British American Tobacco (BATSA) het Limpopo Tobacco Processors (LTP), die land se enigste verwerker, onlangs gewaarsku dat hy ingevoerde tabak sal moet koop pleks van plaaslike tabak as die markaandee­l van onwettige sigarette in Suid-Afrika aanhou groei.

Die jongste syfers wat deur Ipsos vrygestel is, toon dat die onwettige sigarethan­del gegroei het tot 42% van die handel. Dit kos die fiskus meer as R8 miljard in verlore inkomste en het ’n regstreeks­e ongunstige impak op die wettige bedryf wie se mark weggekalwe word deur goedkoop sigarette op die mark. Die tabakoes van 2018-’19 is op 15 360 ton (11 300 ton oonddroogt­abak en 4 060 ton lugdroogta­bak) geskat. ’n Verdere 300 000 kg tabak word vanaf kleinboerp­rojekte verwag.

Diebestell­ingvanoond­droogboere, wat reeds met sowat 10% in 2018 verminder is, word vanjaar met nog 5% ingekort. Die lugdroogma­rk (hoofsaakli­k die pyptabakma­rk) is ook onder groot druk weens onwettige sigarette. BATSA sê die verkope van sy wettige sigarette het gedaal van 15,2 miljard sigarette in 2016 tot 11,5 miljard in 2018. Die maatskappy voorspel dat dit vanjaar tot 9,5 miljard kan daal. Dan maak dit nie meer sakesin om plaaslike tabak te koop nie.

Mnr. Christo van Staden, uitvoerend­e hoof van die LTP, het aan die dagblad Business Day gesê dit plaas die hele bestaan van LTP en die plaaslike tabakbedry­f in gedrang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa