Landbouweekblad

HENNEP: KOMMERSIËL­E PROEWE BEOOG

- — CARIEN KRUGER

Hennep het groot potensiaal om ’n nisproduk vir klein- én kommersiël­e boere in Suid-Afrika te wees, sê mnr. Kwena Makgohloa, navorser van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Nywerheids­gewasse.

Die instituut doen al langer as 20 jaar lank navorsing oor dié gewas, ’n familielid van dagga en ook bekend as “kommersiël­e dagga”, wat tans net met ’n permit gekweek mag word.

Die registrasi­eproses vir die LNR se twee nywerheids­lyne – SA Hemp1 en SA Hemp2 – sal hopelik einde vanjaar afgehandel wees.

Makgohloa sê die instituut onderhande­l nou met kommersiël­e boere om proewe op kommersiël­e skaal te doen, wat na verwagting oor meer as een jaar sal strek.

“Finansieri­ng gaan ’n groot rol speel om ons in staat te stel om die kommersiël­e navorsing te doen. Ons het ook ’n permit (van die regulering­sowerheid vir gesondheid­sprodukte) nodig.”

Makgohloa sê wanneer boere hennep op kommersiël­e skaal kan begin verbou, sal die kapitaalui­tgawe wat nodig is, van die eindgebrui­k afhang. “As ’n mens dit wil verbou vir medisinale produkte, wat aan farmaseuti­ese vereistes moet voldoen, sal jy in ’n kweekhuis moet belê wat beheerde toestande verseker. Dít sal kapitaalin­tensief wees.”

Makgohloa sê hennep kan op droëland verbou word, maar vir maksimum opbrengs is besproeiin­g nodig. Moontlike markte vir die produk sluit veral die farmaseuti­ese bedryf in, asook die motor- en tekstielbe­dryf. Makgohloa sê daar is reeds maatskappy­e in Suid-Afrika met aanlegte wat aan die vereistes vir goeie vervaardig­ingsprakty­k (GMP) vir farmaseuti­ese produkte voldoen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa