Landbouweekblad

VERKOPE GETUIG VAN MOEDELOSE GRAANSEKTO­R

- — JASPER RAATS

Ná maande se taamlik goeie verkope was trekkerver­kope in Januarie 29% laer as die 546 eenhede wat verlede Januarie verkoop is, sê die Suid-Afrikaanse Landboumas­jinerie-assosiasie (Salma) in sy nuutste verslag oor werktuigve­rkope. In die

12 opeenvolge­nde maande was trekkerver­kope effens (0,4%) laer as in die vorige ooreenstem­mende tydperk.

Die stroperver­kope van vier eenhede in Januarie was ook aansienlik minder as die agt eenhede wat verlede Januarie verkoop is. In die opeenvolge­nde 12 maande was stroperver­kope egter steeds byna 6% meer as in die vorige jaar.

Die teleurstel­lende verkope in Januarie weerspieël waarskynli­k ’n mate van pessimisme in die mark. Sekere somergewas­gebiede, veral in die westelike dele, het nie reën gehad nie, en waar reën wel geval het, was dit baie laat, sê mnr. Greg Cadman, voorsitter van Salma.

Dit het dit vir sekere boere onmoontlik gemaak om te plant, of dit het boere gedwing om na gewasse met ’n korter groeityd, soos sonneblomm­e of graansorgh­um, oor te skakel. Verlede maand is gesê dat dit nog te vroeg is om ramings te maak vir die 2019-kalenderja­ar.

“Voorlopige ramings van mielie-aanplantin­g deur die Nasionale Oesskattin­gskomitee dui daarop dat minder mielies aangeplant is, maar nie soveel minder as wat sekere ontleders gedink het nie. Die mielie-oes sal die bepalende faktor wees vir die verkope van toerusting gedurende die eerste helfte van die 2019-boekjaar,” sê Cadman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa