Landbouweekblad

RAMAPHOSA BELOOF STAATSGRON­D VIR GRONDHERVO­RMING

-

Staatsgron­d gaan vir herverdeli­ng beskikbaar gestel word as deel van die Regering se pogings om grondhervo­rming te bespoedig.

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy tweede staatsrede in die Parlement gesê die grond hiervoor is reeds geïdentifi­seer. “Strategies geleë grond sal beskikbaar gestel word om in behuisings­behoeftes in stedelike en buitestede­like gebiede te voorsien.”

WILLEM DE KLERK skryf: Die staatsgron­d behoort aan almal. Alle kleure en rasse in Suid Afrika moet voordeel trek. Kom ons sien hoe rassisties dit binne die Regering is.

RONEL LOUW PFISTER skryf: Dien jul aansoeke in. Ek wil ook met groente in tonnels boer. Gaan ook grond demand!

ADRI FERREIRA-WERNICH skryf: Nes die Oos-Kaap in duisende stukkies opgedeel is. Dit lewer geen bydrae tot die ekonomie nie. Nou sit ons met duisende mense in die Wes-Kaap wat werk soek.

DRIES VAN DER WALT skryf: Dit is seker waar hy wil begin, maar waar gaan dit eindig — ás dit ooit gaan eindig?

FRANCOIS JANÓMI VAN ZYL antwoord: Dries van der Walt, ek stem saam met jou. Dis net om tyd te koop en van die grootste openbare teenstand uit die weg te ruim. Dan vat hulle alles en het dan ’n polities geregverdi­gde basis om weerstandi­ges toe te sluit.

JOYCE MILLAR skryf: Hmmm, leë staatsgron­d. Wie gaan die huise, krag en water daar voorsien?

ELRI CRONJE POSTHUMUS antwoord: Die belastingb­etaler.

MARIETJIE BARNARD skryf: Só bly die ANC al 25 jaar lank beloftes maak waarvan daar net mooi niks gekom het of ooit sal kom nie.

LUCELLE HARMSE DURRHEIM skryf: Vir sý mense. Luister as hy praat: “our people”.

RONEL LOUW PFISTER skryf: Hy het gesê vir almal wat in Suid Afrika bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa