Landbouweekblad

Organiese sertifiser­ing groot probleem vir SA boere

- MICHELLE VAN DER SPUY

DIE geleenthei­d om munt te slaan uit die uitvoer van organiese produkte na markte in die Europese Unie (EU) is groot, maar Suid-Afrikaanse boere sal hul sokkies moet optrek en hul sake agtermekaa­r moet kry as hulle toegang daartoe wil verkry.

Geleenthed­e wat dié mark bied, asook die vereistes om deel daarvan te word, is onlangs deur opkomende boere en ander belanghebb­endes bespreek op ’n werksessie van die African Farmers’ Associatio­n (Afasa).

Europese verbruiker­s se voorkeur vir organiese landboupro­dukte wat op ’n volhoubare manier verbou word, is een van die grootste internasio­nale neigings in die varsproduk­tebedryf. Dit is ook tydens die werksessie gestel as die grootste dryfveer agter die hoë standaarde wat van vervaardig­ers verwag word wanneer hulle produkte na die EU wil uitvoer.

STAAN SAAM

Daar heers egter groot frustrasie onder opkomende boere om aan EU-standaarde te voldoen, die sertifiser­ingsproses te voltooi en die koste daaraan verbonde te delg.

Dr. Pieter Prinsloo, voorsitter van Agri SA se kommoditei­tskamer, het gesê groot verwarring heers onder opkomende boere wat organiese sertifiser­ing betref, die jaarlikse oudits wat gedoen moet word, en die dupliserin­g van standaarde wat onnodige koste tot gevolg het.

Outreach South Africa, ’n inisiatief wat inligting verskaf oor die vereistes en voordele van die handelsoor­eenkoms tussen die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap en die EU, stel voor dat hulpmiddel­s aan boereveren­igings, belanghebb­endes in die private sektor, asook die Regering beskikbaar gestel word sodat hulle opkomende boere met die sertifiser­ingsproses kan help.

GOEDKOPER

Mnr. Antoine Faure van Ecocert, ’n sertifiser­ingsagents­kap wat in meer as 130 lande wêreldwyd werksaam is, sê prosesse is reeds van stapel gestuur om die sertifiser­ingsproses meer bekostigba­ar te maak.

Hy waarsku egter die proses gaan meer gekomplise­erd raak namate die plaaslike mark vir organiese produkte ontwikkel, omdat daar verskillen­de etiketteri­ng vir die onderskeie markte sal moet wees.

Die grootste kwelpunt, luidens navorsing deur Outreach South Africa, is dat organiese produkte nie deurlopend geprodusee­r word nie. Hoewel organiese produkte in Suid-Afrika beskikbaar is, is die aanbod wisselvall­ig en nie groot genoeg om in die vraag daarna te voorsien nie. Die gebrek aan regulasies rondom die etiketteri­ng van produkte wat as “organies” bemark word, asook die hoë standaarde waaraan die produkte moet voldoen, is nog ’n probleem.

 ??  ?? Mnr. Antoine Faure
Mnr. Antoine Faure

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa