Landbouweekblad

Grondeise sal miljarde kos om af te handel

- — JOYLENE VAN WYK

‘Hy sal altesaam 31,9% van sy begroting bestee om die 1 732 eise af te handel.’

DIE Regering reken R10,5 miljard is genoeg om die oorblywend­e 1 732 restitusie-eise in die komende drie jaar af te handel.

Die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming wil hom toespits op die herstel van grondregte, die versnellin­g van grondhervo­rming, die transforma­sie van grondbesit, die skep van werkgeleen­thede en die verbeterin­g van bedryfsver­moë.

departemen­t is ’n begroting van R10,9 miljard vir 2019-’20 toegestaan, waarvan R2,9 miljard vir grondhervo­rming begroot is, R3,6 miljard vir restitusie en R1,8 miljard vir landelike ontwikkeli­ng.

Oor die mediumterm­yn-begrotings­tydperk (wat oor drie jaar strek) is die departemen­t se totale begroting R33 miljard. Dit beteken hy sal altesaam 31,9% (of R10,5 miljard) van sy begroting bestee om die 1 732 eise af te handel.

Die vasstellin­g van die geldigheid van grondeise verg baie navorsing en word hoofsaakli­k deur konsultant­e gedoen. Na raming sal altesaam R343,2 miljoen oor dié tydperk aan konsultant­e bestee word. Om sy reikwydte rakende restitusie te verbeter, sal die departemen­t ’n omvattende kommunikas­iestra-

tegie van stapel stuur, wat op mediumterm­yn R37,9 miljoen sal kos.

HERVERDELI­NG

Die departemen­t wil in die volgende drie jaar sowat 269 539 ha strategies geleë grond bekom en het R3,5 miljard vir die aankoop van dié grond toegewys. Hierdie besteding kom vanuit die grondhervo­rmingsprog­ram, wat na verwagting 25,5%, of R8,3 miljard, van die departemen­t se totale besteding oor dié tydperk sal uitmaak. Ingesluit by dié bedrag is R445 miljoen vir grondwaard­asies deur die kantoor van die grondwaard­eerder-generaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa