Landbouweekblad

LIMPOPO-WAGYUVEILI­NG LOK TALLE ‘VERSIGTIGE KOPERS’

- JASPER RAATS

DIE eerste Wagyuveili­ng in Limpopo het dalk nie vir die wegholprys­e van vyf jaar gelede se wildveilin­gs gesorg nie, maar dit het gewys dat daar gesonde belangstel­ling in dié ras is en dat boere tog bereid is om hul hande taamlik diep in hul sakke vir hierdie vleisbeest­e te steek.

’n Vier maande oue, rasegte Wagyuvers het R400 000 behaal. Sy is saam met ’n Bonsmara-kruiskoei verkoop wat die bevrugte embrio van twee top- uit Japan dra. ’n Swart Wagyubul van 18 maande oud het R350 000 behaal.

Die omset van die veiling, waarop 50 lotte onder die hamer gekom het, was R5,5 miljoen.

Mnr. Andries Schutte van Platinum Beef, wat die spogveilin­g by Castle de Wildt aangebied het, sê daar was definitief winskopies. Hy twyfel of boere in Limpopo weer sulke goeie teelmateri­aal teen soortgelyk­e pryse sal kry.

‘WILDBORREL’

“Ek is nietemin baie tevrede. Daar was ’n klomp versigtige kopers en ’n mens kon sien baie van hulle is bang vir nog ’n ‘wildborrel’. Tog getuig die stampvol saal en die stewige pryse wat betaal is, van ’n gesonde belangstel­ling in die Wagyu.”

Hoewel Schutte begrip het vir die vrese dat die Wagyumark oorversadi­g kan raak soos wat die afgelope twee jaar met verskeie skaars wildsoorte gebeur het, is hy nie bekommerd daaroor nie. “Onthou, ons praat hier van beesvleis, ’n produk met ’n goed gevestigde verbruiker­smark. Suid-Afrika kan in hierdie stadium nie eens in die plaaslike vraag voorsien nie, wat nog te sê van die uitvoermar­k.”

Hy sê ’n Suid-Afrikaanse kettingwin­kelgroep wat hom op produkte van ’n hoë gehalte toelê, het reeds aangedui dat hy teen einde 2020 ’n bestendige lewering van 200 000 Wagyukarka­sse per jaar wil hê. Die hele Suid-Afrikaanse Wagyubedry­f lewer tans maar 5 000 karkasse per jaar.

Schutte glo ook die Wagyu gaan altyd ’n nismarkpro­duk wees. Selfs in Amerika en Australië, waar al 30 jaar met die ras geboer word, oorskry die vraag steeds die aanbod – veral op daardie lande se uitvoermar­kte.

Die huidige verbod op Suid-Afrikaanse vleisuitvo­er weens bek-en-klouseer beteken dat daar nie nou Wagyuvleis na die Midde-Ooste uitgevoer kan word nie, maar Schutte sê daar is reeds ’n bestaande mark met ’n gesonde vraag na Suid-Afrikaanse Wagyuvleis in dié streek.

 ??  ?? Die volgende geslag Wagyuteler­s sit en bespreek dié jong bul, Synergy-Als, se bloedlyn, terwyl mnr. Brandon Leer die bod van R350 000 op die agtergrond toeslaan.
Die volgende geslag Wagyuteler­s sit en bespreek dié jong bul, Synergy-Als, se bloedlyn, terwyl mnr. Brandon Leer die bod van R350 000 op die agtergrond toeslaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa