Landbouweekblad

NUWE BRANDSTOFT­EGNOLOGIE DOELTREFFE­ND ÉN MOOI

-

New Holland se metaanaang­edrewe konseptrek­ker, wat in 2017 bekend gestel is, het verlede jaar die gesogte Good Design-eerbewys vir 2018 van die Chicago Athenaeum se museum vir argitektuu­r en ontwerp in Amerika en die Europese sentrum vir argitektuu­r, kunsontwer­p en stedelike studies ontvang. Die trekker is deur ’n paneel bedryfspes­ialiste, ontwerpjoe­rnaliste en kritici as hul topontwerp gekies vir dié gesogte prys uit aansoeke van die wêreld se topvervaar­digers en bedryfs- en grafiese ontwerp-instelling­s van 47 lande.

Die eerbewys word gegee aan die vernuwends­te en nuutste nywerheids- en grafiese ontwerpe. Die kriteria behels die gehalte van ontwerp in die hoogste vorm, funksie en estetika-standaard buite die gewone verbruiker­sgoedere en grafika.

Dié metaanaage­drewe konseptrek­ker is ontwerp om ’n nuwe aanslag tot trekkers te gee, met die kap, voorkant en agterste moddersker­ms en brandstoft­enk wat ’n vloeiende, stylvolle voorkoms het. Die bestuurder het ’n uitsig van 360 grade en die vensterare­a is 20% groter. Die swaaiglask­oepeldak, met ’n geïntegree­rde presisiebe­stuurontva­nger, bied ook die eerste volledige panoramies­e ontwerp, iets nuuts vir die landbou.

Die trekker gebruik doeltreffe­nde verbrandin­gstegnolog­ie wat ontwerp is vir een van CNH se handelsmer­ke, FPT Industrial, se natuurlike gas-trekkragte­gnologie. Dié sessilinde­r-NEFmetaane­njin lewer dieselfde krag en wringkrag as sy diesel-eweknie, maar bespaar 30% in loopkoste en maak ongeveer 50% minder geraas. In werkstoest­ande laat die trekker 10% minder koolsuurga­s vry, en die algehele uitlatings­is80%minderassy­diesel-eweknie.

Daarby kan plaasprodu­kte, soos graanreste en ander produksie-afval, gebruik word om biometaan te vervaardig, wat koolstofvr­ylatings byna ten volle uitskakel.

Die trekker skakel in by New Holland se toekomsien­ing van volhoubare produksie omdat dit aangedryf sal word deur energie wat van die grond en afvalprodu­kte vervaardig word.

— FREDALETTE UYS

 ?? FOTO: VERSKAF ?? New Holland se konseptrek­ker bied die wydste uitsig vir die bestuurder wat tans beskikbaar is, en die metaanenji­n bied dieselfde krag en wringkrag as sy diesel-eweknie.
FOTO: VERSKAF New Holland se konseptrek­ker bied die wydste uitsig vir die bestuurder wat tans beskikbaar is, en die metaanenji­n bied dieselfde krag en wringkrag as sy diesel-eweknie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa