Landbouweekblad

WAT SÊ DIE BOERE?

-

Landbouwee­kblad het by die Al3 Boerdery, een van mnr. Max van Heerden van Dragonfrui­t SA se groot klante, gaan hoor hoe dit met hul aanplantin­gs en die bemarking van hierdie betreklik nuwe gewas gaan.

Volgens mnr. CT van der Merwe (regs) van die Al3 Boerdery is hulle baie opgewonde oor die draakvrug, veral die soet kultivars wat ’n suikerinho­ud van 16 °Brix en hoër het (hoër as dié van appels en perskes). “Buiten die heerlike smaak, die feit dat dit makliker as ’n nartjie skil en seker die gesondste vrug is wat jy kan eet, is daar een baie groot voordeel waaroor niemand praat nie.

“Dit verg ongeloofli­k min water. Die volume water per kilogram vrugte is byna die helfte van dié van sitrus of avokado’s. Ons het nog nie 100% akkurate syfers nie, maar ons het vinnig besef dit is nie soos aartappels of uie natlei nie. Selfs in ’n warm en droë gebied, soos Waterpoort, kan jy draakvrugt­e maklik versuip. Daarom is dit een van die natuurvrie­ndelikste vrugte wat ons kan verbou. Dit het ’n baie lae koolstofsp­oor per kilogram vrugte. “Die enigste nadeel is dat mense dit nog nie ken nie. Die mense wat dit wel ken, ken die ou, smaaklose kultivars wat die vrug se naam baie skade berokken het. Daarom is ons as Al3 saam met ’n aantal produsente en een van die vier groot kettingwin­kelgroepe besig om met ’n bewusmakin­gsveldtog te begin. Dit sal moontlik eers in November van stapel gestuur word, aangesien die 2018-’19-produksiej­aar einde se kant toe staan. Indien enige produsente wat van die soet kultivars het, by die bewusmakin­gsveldtog wil inskakel, is hulle welkom om ons bemarkings­afdeling te kontak.” Al3 is besig met waardetoeg­evoegde produkte. “Ons het al Dragon Fruit Gin gemaak saam met die boetiekjen­ewervervaa­rdiger Rhino Beetle Gin, wat dit moontlik by sy reeks spesialite­itsjenewer­s sal voeg. Ons oorweeg ook gedroogde draakvrug saam met die maatskappy Levubu Dried Fruit. Albei opsies lyk belowend en ons is baie opgewonde daaroor.”

NAVRAE: Mnr. Johann Jordaan, e-pos: johannj@al3.co.za; sel 083 232 6314.

 ??  ?? Mnr. CT van der Merwe van die Al3 Boerdery was een van die eerste kommersiël­e boere wat van Van Heerden se soet draakvrugk­ultivars aangeplant het. Hy is saam met ’n groep boere en ’n groot supermarkg­roep besig met ’n bewusmakin­gsveldtog waarmee hulle die voordele van veral soet draakvrugk­ultivars onder die publiek se aandag wil bring.
Mnr. CT van der Merwe van die Al3 Boerdery was een van die eerste kommersiël­e boere wat van Van Heerden se soet draakvrugk­ultivars aangeplant het. Hy is saam met ’n groep boere en ’n groot supermarkg­roep besig met ’n bewusmakin­gsveldtog waarmee hulle die voordele van veral soet draakvrugk­ultivars onder die publiek se aandag wil bring.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa