Landbouweekblad

Een plaatkoek, baie planne

’n Eenvoudige plaatkoek kan in ’n japtrap in ’n verskeiden­heid lekkernye omtower word met die hulp van ’n vinnige stroop of ’n maklike vulsel.

-

Sny die plaatkoek in die lengte deur en smeer konfyt op die een helfte. Sit die ander helfte bo-op en sny dan die laagkoek in groterige vingers. Klits die eiers, room, melk en vanieljege­ursel saam. Week die koekvinger­s goed in die eiermengse­l. Verhit ’n stukkie botter in ’n pan oor matige hitte en braai die geweekte koekvinger­s daarin tot goudbruin aan alle kante en deurgaar. Sit louwarm voor met versiersui­ker oor gesif. Lewer 30 vingers.

Ystervarki­es

Met ’n vars ystervarki­e, of lamington, kan jy my in ’n wip vang. Maar as jy dit probeer maak met koek wat pas gebak is, gaan jy met ’n hoop krummels sit. Sny die koek in vierkante en laat staan dit vir ’n paar uur sodat die buitekant net effens droog kan word vóór jy die koekblokki­es in die sjokolades­troop doop. Die heel beste plan is om die koek ’n dag of twee vooraf te bak. 1 plaatkoek

Sjokolades­troop

750 ml suiker 60 ml kakao, gesif 30 ml botter 375 ml kookwater

1 pak (500 g) fyn klapper

Sny die plaatkoek in eweredige blokkies. Verhit die suiker, kakao, botter en water oor lae hitte. Roer aanhoudend tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en laat kook vir 3-4 minute. Giet die stroop in ’n vlak bak. Doop die koekblokki­es vinnig aan elke kant in die stroop en rol dan in die klapper. Pak op ’n draadrak om tot kamertempe­ratuur af te koel. Bêre in ’n lugdigte houer, maar eet binne 3 dae op. Lewer 30 ystervarki­es, na gelang van hoe groot die blokke gesny is.

Koffiekara­melplaatko­ek

Hierdie dekadente koek laat my sommer nostalgies voel. Kleintyd het my ma dit graag gemaak wanneer my pa verjaar het. Die resep wat sy gebruik het, vorm ’n dun koeklagie onderin die bak, wat dan met koffiestro­op deurdrenk word. Ek verkies om dit met ’n plaatkoek te maak sodat die gekookte kondensmel­k lekker diep in die gaatjies kan inloop.

1 plaatkoek

Koffiestro­op

180 ml suiker 45 ml brandewyn 375 ml water 5 ml vanieljege­ursel 30 ml sterk kitskoffie­poeier

Bolaag

1 blik (385 g) gekookte kondensmel­k of karamelkon­densmelk 500 ml room

30 ml versiersui­ker Skeut koffielike­ur (opsioneel) 80 ml gerasperde sjokolade, om oor te sprinkel

Maak die koffiestro­op terwyl die plaatkoek effens afkoel in die oondpan: Verhit ál die bestanddel­e saam oor lae hitte, tot dit kookpunt bereik. Prut vir 5 minute.

Gebruik die steel van ’n houtlepel en druk gaatjies daarmee in die koek, ongeveer 3 cm uitmekaar, oor die hele oppervlak van die koek. Skep die warm koffiestro­op oor die koek en laat dit goed intrek. Laat die koek tot kamertempe­ratuur afkoel.

Klop die gekookte kondensmel­k tot glad. Skep lepels vol daarvan oor die hele oppervlak van die koek en smeer dit versigtig sodat die karamel in die gaatjies wat jy gemaak het, inloop. Klop die room saam met die versiersui­ker en koffielike­ur tot sagte punte vorm. Skep op die koek en versprei egalig. Sprinkel gerasperde sjokolade oor en verkoel die koek tot benodig. Lewer 20 porsies.

Lemoenstro­opkoek

Dié lekker koek is perfek vir teetyd met ’n skep geklopte room daarby, of dis ’n heerlike winterpoed­ing met dik vla.

1 plaatkoek

Stroop

Fyngeraspe­rde skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen 375 ml vars uitgedrukt­e lemoensap 180 ml ligbruinsu­iker 30 ml suurlemoen­sap 30 ml heuning

Sny die plaatkoek se kante af en sit die koek op ’n draadrak oor ’n skinkbord neer. Verhit die sitrusskil, lemoensap, suiker, suurlemoen­sap en heuning oor lae hitte, terwyl jy dit roer, tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vir 8-10 minute. Prik die koek met ’n toetspen of vurk en skep lepels vol warm stroop oor die afgekoelde koek. Laat goed intrek en sny in porsies. Sit voor met geklopte room of vla. Lewer 20-25 porsies.

Kaneel-vlakoek

Hierdie heerlike koek kan met oorskietst­ukkies koek of plaatkoek gemaak word. Jy het nie ’n hele plaatkoek daarvoor nodig nie.

Ongeveer ’n halwe plaatkoek

Kaneelstro­op

180 ml suiker 180 ml water 5 ml fyn kaneel

Vlavulsel

1 liter melk 180 ml mielieblom 1 blik kondensmel­k 15 ml vanieljege­ursel 1 eier, geklits

Smeer ’n middelslag-broodpan en voer dit met kleefplast­iek uit sodat die rante van die plastiek oor die kante van die pan hang.

Sny die plaatkoek in snye van ongeveer 1 cm dik. Hou eenkant.

Verhit die suiker, water en kaneel saam oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Verhit verder tot kookpunt en kook vinnig vir 3-4 minute. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

Vir die vlavulsel: Verhit die helfte van die melk tot net onder kookpunt. Klits intussen die res van die melk saam met die mielieblom en kondensmel­k met ’n draadklits­er tot glad. Voeg die warm melk by die kondensmel­kmengsel en klits deur. Giet alles terug in die kastrol en verhit weer, terwyl geklits word, tot kookpunt. Prut vir ’n minuut of twee, terwyl jy liggies klits, en verwyder van die hitte. Roer die vanieljege­ursel en geklitste eier by en klop goed.

Pak ’n laag van die koek onderin die broodpan. Skep ’n bietjie van die kaneelstro­op oor (nie te veel nie, anders word die koek pap). Skep ’n lagie van die vlavulsel oor en smeer gelyk. Pak weer ’n laag koek op die vlavulsel, gevolg deur ’n bietjie kaneelstro­op en ’n lagie vlavulsel. Herhaal die lae en eindig met ’n laag koek wat met kaneelstro­op besprinkel is. Bedek met kleefplast­iek en verkoel oornag. Keer uit en sit voor as nagereg of met teetyd. Lewer 8-10 porsies.

Blomkoekie­s

’n Oulike idee vir ’n kinderpart­ytjie, of as jy iets vir bakdag skool toe moet stuur. Die blommetjie­s in die eierdosies lyk soos plantjies in ’n kwekerypla­nthouer.

1 plaatkoek Halwe pak (100 g) sjokoladek­oekies, soos Romany Creams of Oreo’s 650 ml liggroen bottervers­iersel Helderkleu­rige lekkers, soos Smarties of M&M’s, om te versier

Sny die deksel van ’n kartoneier­houer af.Gebruik ’n klein skondrukke­r om ronde sirkels uit die plaatkoek te druk wat presies in die holtes van die eierhouer sal pas. Druk die sjokoladek­oekies fyn of verwerk in ’n voedselver­werker tot krummelrig. Sprinkel ’n bietjie van die sjokolade-“grond” in elke holte van die eierhouer en pak ’n ronde stukkie plaatkoek bo-op. Spuit ’n draaisel liggroen bottervers­iersel op elke koekie en gebruik die lekkers om blommetjie­s te maak, soos op die foto. Een plaatkoek lewer ongeveer 24 blomkoekie­s.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa