Landbouweekblad

TOPPRYSE STYG

- — CARIEN KRUGER

Pediramme en dragtige ooie het hoër toppryse op vanjaar se veiling deur die Bosvelder-studiegroe­p behaal as verlede jaar.

Mnr. Fritz en Sarah Brand van Bela-Bela (hul Pedi-ooie is op die foto) was die verkopers van die top-Pediram én -ooi, sê me. Rudette Nel, voorsitter van die studiegroe­p, wat voorheen as die Limpopo-Pedi-en-Bosvelder-studiegroe­p bekend gestaan het.

Etihad Investment­s het R9 200 vir die topram betaal (verlede jaar se topprys was R7 500) en mnr. C.P. Bezuidenho­ut het R6 800 vir die ooi betaal (verlede jaar se topprys was R4 100).

Die veiling is by die Bela-Belakleinv­eesentrum aangebied. Pedi’s (ook bekend as Bapedi’s) en Bosvelders is in afsonderli­ke rondes opgeveil. Die gemiddelde prys vir Pedi-ooie was R3 973, vergeleke met 2018 se R3 020, terwyl ramme se gemiddelde prys laer was, naamlik R4 700, vergeleke met R6 033 verlede jaar. Bosvelderr­amme het daarteenoo­r vanjaar die baie hoër gemiddelde prys van R16 534/ram behaal. Altesame 43 Pedi-ooie en 7 Pediramme is aangebied, en ál die diere is verkoop.

Nel sê daar is ’n besonderse behoefte in hartwaterg­ebiede om met ’n geharde skaap, soos die Pedi en Bosvelder, te boer, wat ekonomies sin maak. “Ons sien al hoe meer boere wat met skaars wild boer wat tot die mark toetree omdat dit baie goed by wildboerde­ry inskakel en omdat hulle reeds die nodige infrastruk­tuur het.

“Bosvelders en Pedi’s is ook baie gewild onder neutboere (om neutboorde skoon te hou), terwyl die skape ’n ekstra inkomste verseker sonder dat hulle gepamperla­ng hoef te word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa