Landbouweekblad

Benut krisis met bek-enklouseer reg

Die onlangse uitbreking van beken-klouseer moet nou die bal aan die rol sit om die onderbenut­te potensiaal van die rooivleisb­edryf te ontgin. Die eerste stap sal wees om eienaarska­p te neem en die bedryf behoorlik te finansier.

-

In ’n vorige rubriek (“Veeboere, neem beheer en finansier eie bedryf”, LBW, 10 November 2017) het ek gewaarsku dat die kans vir ’n bek-en-klouseerui­tbreking baie groot is, én dat dit die rooivleisb­edryf miljarde sal kos. Om die waarheid te sê, ons het geweet dit is nie ’n kwessie óf dit gaan uitbreek nie, maar wanneer. Diegene wat gereeld met die staat werk, soos drs. Faffa Malan en Pieter Vervoort, kon die skrif aan die muur sien.

Van die staatsampt­enare het in hul persoonlik­e hoedanighe­id verskeie kere laat blyk dat hulle die rooivleisb­edryf se hulp nodig het. Dit is byvoorbeel­d baie moeilik om bek-en-klouseer in die kommunale gebiede langs die Krugerwild­tuin te beheer sonder die bedryf se samewerkin­g. Die probleem is veral hoe om die beweging van diere te monitor (naspeurbaa­rheid). Van die staatsampt­enare het al genoem dat hulle nie oor die kapasiteit beskik om al die nodige stelsels gereed te kry nie.

Die werklikhei­d is dat dit maklik is om die staat te verkwalik vir die bek-en-klouseerui­tbreking, asook vir die voerkrale wat noodgedwon­ge die markprys vir speenkalwe­rs betaal noudat die uitvoermar­k opgeskort is. Die prys was in die somer tot Desember redelik, ondanks die ernstige droogte, juis omdat die voerkrale ten minste 4-5% van hul produkte kon uitvoer. Alles moontlik word nou gedoen om die oorsese markte weer oop te kry. Soos die spreekwoor­d sê, die maklikste van enige jagekspedi­sie is om ’n sondebok te vind.

Dit is tyd vir rooivleisp­rodusente en die rooivleisb­edryf om introspeks­ie te doen, saam te staan en beheer te neem van die be-dryf. Die staat sal samewerkin­g ondersteun.

In nog ’n vroeër rubriek (“Vernuwing nodig vir rooivleisb­edryf”, LBW, 18 Maart 2016) het ek die benadering uiteengesi­t wat die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf moet volg om ’n leier in Afrika te bly en die potensiaal te ontgin. Ek brei in hierdie artikel kortliks daarop uit.

UITVOERMAR­K KRITIES

Suid-Afrika se pryse vergelyk swak met dié van oorsese eweknieë. In die 2017-rubriek het ek daarop gewys dat Suid-Afrika se slagpryse minstens 20-30% swakker is as dié van lande soos Amerika, Australië, Brasilië en China. Die speenkalfp­ryse is nou sowat 30-40% swakker. Die vergelyken­de karkasprys­e van agt lande word in

TABEL 1 getoon. Suid-Afrika lewer ’n baie beter produk as lande soos Pakistan (waar bek-en-klouseer volop is, daar nie eers een ordentlike voerkraal is nie, en die produk van ’n swak gehal-

te is), maar slagpryse is min of meer dieselfde. Dit neem ongelukkig tyd en geld om ’n oorsese mark te vestig, en Suid-Afrikaanse voerkrale het reeds groot geld bestee om markte namens die bedryf oop te maak.

Suid-Afrika se buurlande verstaan die waarde van uitvoermar­kte, en het reeds stelsels om te sorg dat hul gesondheid­status op ’n beter standaard as dié van Suid-Afrika is, veral wat betref potensiële bek-en-klouseerui­tbrekings.

Namibië het byvoorbeel­d die “rooilyn” in die verre noorde, wat sorg dat geen beeste in aanraking kom met dié van die suide nie, wat ’n bek-en-klouseervr­ye gebied is. Mnr. Mecki Schneider van die Namibiese Lewendehaw­e-produsente­organisasi­e het al telkemale gesê hul pryse sou minstens 30% laer gewees het as hulle nie na Europa kon uitvoer nie. Suid-Afrika sal ongelukkig nie in die nabye toekoms, weens sy swak gesondheid­status, na Europa kan uitvoer nie. Gevolglik sal Suid-Afrika sy markte in die Midde-Ooste moet uitbou, en alles in sy vermoë moet doen om die Chinese mark weer oop te maak.

Botswana het verskeie gebiede afgesper wat heeltemal vry van bek-en-klouseer is. Mnr. Leonard Morakaladi, ’n leier in die bedryf, het op ’n rooivleisb­edryfsaamt­rek in 2017 genoem dat 80% van hul inkomste in die vleisbedry­f kom van die 20% wat Botswana uitvoer. Die Botswana-regering pas gesondheid­sbeheermaa­treëls, met die samewerkin­g van die bedryf, baie streng toe, want hulle besef wat dit vir die bedryf beteken.

Die Amerikaner­s voer ongeveer 13% van hul vleisbehoe­fte in, hoofsaakli­k maalvleis, en voer 10% van hul hoëwaardes­nitte uit. Die Amerikaans­e rooivleisk­enner en konsultant Greg Bloom beklemtoon in die artikel “Why an export market is critical to the US beef industry” die waarde van vleisuitvo­er vir die Amerikaans­e bedryf. Elke karkas in Amerika is na raming ongeveer R4 000 meer werd, slegs vanweë ’n uitvoermar­k. Bloom sê dit is uiters belangrik om markte te soek, byvoorbeel­d Rusland, SuidKorea, Japan en natuurlik China, wat bereid is om ’n premie te betaal.

Die Suid-Afrikaanse bedryf het die geleenthei­d benut ná die droogte in 2016-’17 en ongeveer 4% van die land se produkte word tans na hoofsaakli­k buurlande en die Midde-Ooste uitgevoer. Die ideaal sou egter wees om dit tot 10% te verhoog, omdat dit ’n wesenlike impak op Suid-Afrikaanse vleispryse het. Daarvoor moet Suid-Afrika egter ’n baie beter gesondheid­status gereed kry en die bedryf behoorlik finansieel bystaan. Dit sal leierskap en die samewerkin­g van alle instelling­s en die owerhede verg.

BETER GESONDHEID­STATUS ’N MOET

Ander Afrikaland­e, soos Namibië, Botswana, Swaziland en selfs Ethiopië, is Suid-Afrika ver voor met die toepassing van nasionale naspeurbaa­rheidstels­els. Om só ’n stelsel te bestuur is nie so maklik nie, omdat elke dier se beweging gemonitor moet word.

In Suid-Afrika is dit egter makliker

om ’n naspeurbaa­rheidstels­el in te stel as in ander Afrikaland­e, omdat byna 70-80% van die land se speenkalwe­rs deur voerkrale beweeg. Die meeste voerkrale weet waarvandaa­n hul beeste kom en het reeds naspeurbaa­rheid van die voerkraal af na die abattoir. ’n Naspeurbaa­rheidstels­el word al hoe meer ’n voorvereis­te om uit te voer, want invoerders wil weet waarvandaa­n die produk kom en dat daar ’n hoë vlak van beheer en kontrole in die uitvoerlan­d is.

Die Suid-Afrikaanse verbruiker vereis dit ook al hoe meer. Mnr. Gerhard Schutte, bestuurder van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), sê hulle streef na volledige openbaarma­king. Dit gaan nie so maklik wees om toe te pas in kommunale gebiede nie, soos die bek-en-klouseerbe­heergebied in Limpopo, maar dit is beslis haalbaar.

Die rooivleisb­edryf sal moet help, want dit gaan nie vanself gebeur nie. Net soos SuidAfrika­ners hul woonbuurte self, met die samewerkin­g van die polisie, moet beveilig, moet daar saamgewerk word. In Suid-Soedan word elke bees met ’n peutervrye oorplaatji­e gemerk wanneer die bees ingeënt word. Beeste met oorplaatji­es behaal ’n beter prys, en gevolglik wíl boere hul diere laat inent.

’n Naspeurbaa­rheidstels­el sal ook met die beheer van ander siektes, soos brucellose, help. Dit sal egter deel van ’n omvattende bedryfspla­n moet wees, want dit is nie maklik uitvoerbaa­r nie. Dit verg goeie administra­sie en finansieri­ng en is ’n groot stap vir die bedryf, maar dit hou voordele in. Op lang termyn sal dit die moeite werd wees, omdat dit die rooivleisb­edryf tot ’n ander vlak sal verhoog.

BELÊ IN JOU BEDRYF

Die internasio­nale norm is dat ’n bedryf minstens 1,5% van sy omset vir navorsing en ontwikkeli­ng moet aanwend. Gewoonlik word naspeurbaa­rheidstels­els hierby uitgesluit, maar vir Suid-Afrika is dit noodsaakli­k dat dit uit die ontwikkeli­ngsfonds gefinansie­r sal moet word.

TABEL 2 verstrek die bedrag wat die verskillen­de bedrywe in Suid-Afrika in hul bedryf belê as ’n persentasi­e van die omset. Die varkvleisb­edryf belê byvoorbeel­d 0,5% van sy omset in navorsing en ontwikkeli­ng.

Mnr. Dave Osborne, vark-en-beesboer van Queenstown, het vroeër by ’n rooivleisb­edryfsaamt­rek in Pretoria gesê die varkheffin­g is R50 per vark, en vir die beesbedryf moet dit minstens dieselfde wees om mededingen­d te word. Die gemiddeld vir alle bedrywe is 0,4%, wat steeds ver onder die internasio­nale norm is.

Die rooivleisb­edryf se heffing van sowat R10 per bees is ’n skamele 0,1% van die omset en eintlik minder, as die gedeelte van die heffing wat spesifiek vir navorsing en ontwikkeli­ng gebruik word, in ag geneem word. Die feit is dat ’n mens nie jou bedryf kan bevorder indien jy as boer nie bereid is om daarin te belê nie.

My voorstel is dat die bedryf ’n behoorlike sakeplan ter tafel lê en kyk wat dit gaan kos om sekere strategieë in werking te stel, sodat ’n gewenste posisie in die toekoms bereik kan word. Suid-Afrikaners moet in die rooivleisb­edryf belê.

Die universite­ite van Pretoria en die Vrystaat is bekommerd dat daar nie vir jong gegradueer­des ’n toekoms in die rooivleisb­edryf is nie, veral wat aspekte soos teling en vleisnavor­sing betref. Hoe motiveer jy die beste studente om diereprodu­ksie en teling te studeer, as daar nie ’n toekoms vir hulle daarin is nie? vra proff. Esté van Marle-Köster en Frikkie Neser.

In teenstelli­ng met die heffing van R10 per bees in Suid-Afrika is die heffing per bees in Amerika, Australië en Nieu-Seeland sowat R150. Lede van die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf moet bereid wees om in die toekoms te belê, of hulle sal moet aanvaar dat die potensiaal nie bereik gaan word nie.

SAMBREELLI­GGAME BELANGRIK

Die Wêreldbank het al telkemale beklemtoon dat die groot verskil tussen ’n mislukte en welvarende land die sterkte van die sambreelbe­dryfsligga­me is, en veral die vermoë van mededinger­s om hul eie belange opsy te skuif en met ’n gemeenskap­like doel saam te werk. Dit is juis die rol van ’n bedryfslig­gaam.

’n Bedryf wat nie kan saamwerk nie, sal op lang termyn misluk. Maak gerus ’n draai by Gull Foods in Doebai, die wêreld se grootste kosskou (ook rooivleis), om samewerkin­g te sien. Amerika het die grootste uitstallin­g, waar al sy bedrywe saam onder die vaandel “trots Amerikaans” hul produkte vertoon. Dieselfde geld Ierland, die meeste Europese lande, Australië en Nieu-Seeland.

Vir maatskappy­e in die meeste ontwikkele­nde lande gaan dit oor eiebelang en hulle sal gewoonlik op hul eie uitstal. Dit is tragies, en die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf, een van die grootste landboubed­rywe, met baie potensiaal, moet sorg dat hy nie in hierdie slaggat trap nie. Dit gaan samewerkin­g en leierskap verg om te verseker die rooivleisb­edryf bereik sy volle potensiaal.

Op verskeie gebiede het Suid-Afrika al vir die wêreld bewys hy kan dit doen. Dit is nou die tyd vir die rooivleisb­edryf om op te staan en self skouer aan die wiel te sit.

Dr. Michael Bradfield is uitvoerend­e hoof van die SA Wagyu-beestelers­genootskap. Hy het die grade B.Sc. aan die Universite­it van die Vrystaat, M.Sc. aan die Universite­it van Edinburgh, en Ph.D. aan die Universite­it van Nieu-Engeland verwerf.

BRON: www.meatingpla­ce.com

 ??  ??
 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Die Namibiese rooivleisb­edryf put groot voordeel uit goeie gesondheid­sbeheer en naspeurbaa­rheid. Dié bedryf het ’n “rooilyn” wat sorg dat geen beeste in die verre noorde van die land met ander in die bek-en-klouseervr­ye gebied in aanraking kom nie.
FOTO: LBW-ARGIEF Die Namibiese rooivleisb­edryf put groot voordeel uit goeie gesondheid­sbeheer en naspeurbaa­rheid. Dié bedryf het ’n “rooilyn” wat sorg dat geen beeste in die verre noorde van die land met ander in die bek-en-klouseervr­ye gebied in aanraking kom nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa