Landbouweekblad

OVK vier 100 jaar!

Die OVK-groep vier vanjaar sy honderdste bestaansja­ar. Oor geslagte heen was OVK nie net ’n getroue boerderyve­nnoot vir landbouers én hul gesinne nie, maar ook ’n familielid.

-

Vroeg in 1919 het die Ficksburg Koöperatie­we Boereveren­iging tot stand gekom. In die daaropvolg­ende jare het die Ladybrand Koöperatie­we Landbouw Vereniging (1920), die Clocolan Koöperasie (1929) en die Albert Koöperasie (1930) tot stand gekom. Hierdie koöperasie­s het hul kragte in 1993 saamgesnoe­r as OVK (Oos-Vrystaat Kaap Koöperasie).

Op 26 Februarie 1999 is die Oos-Vrystaat Kaap Beherend Beperk en Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk as maatskappy­e gestig, en op 1 Julie 2004 is die Karoo Oranje Landboukoö­perasie (Hopetown-omgewing) by die maatskappy gevoeg. Op 1 September 2014 het die totale amalgamasi­e van CMW binne OVK plaasgevin­d.

BOERE SE AANDELE

Die maatskappy­e het oor die jare gegroei tot meer as 12 000 aandeelhou­ers. OVK bestaan uit finansieel lewensvatb­are maatskappy­e en werk in verskeie landbougeb­iede, soos gewasse op droëland en onder besproeiin­g, natuurlike en aangeplant­e weiding, en groot- en kleinvee.

Die OVK-groep, een van SuidAfrika se suksesvols­te landboumaa­tskappye, se hoofkantoo­r is op Ladybrand in die hartjie van die Vrystaat. Met feitlik 100% boere-aandeelhou­ding bedien dié maatskappy­e ’n gebied wat strek van Steynsrus in die noorde tot Willowmore in die suide, en van Prieska in die weste tot Elliot in die ooste.

OVK het oor die afgelope paar jaar op verskeie maniere uitgebrei. Die maatskappy het onder meer ’n nuwe graaninnem­ingspunt en koringmeul­e in gebruik geneem en talle nuwe handelstak­ke is geopen. OVK het deesdae 52 handelstak­ke.

OVK wil nie net ’n alles-in-eenlandbou­besigheid wees nie, maar wil ook deur middel van werkskeppi­ng ’n verskil op die platteland maak. Die maatskappy streef na welvaartsk­epping en volhoubaar­heid vir ál sy landboupro­dusente – alles om die boer in staat te stel om dit wat hulle goed doen, naamlik om voedsel vir Suid-Afrika te produseer, nog beter te kan doen.

LEWENDE HAWE EN VESEL

Die verkryging van CMW was gedoen om dienslewer­ing aan sy kliëntebas­is uit te brei, én sy geo- grafiese voetspoor te vergroot.

Met ’n landwye afdeling vir vesel en lewende hawe, bied OVK ’n omvattende diens aan produsente in die ontvang, hantering en bemarking van wol en sybokhaar. Bemarkers van lewende hawe behartig ook landwyd suksesvoll­e produksie- en stoetveeve­ilings. Skeerdiens­te met ’n unieke mobiele skeerkarre­tjie is baie gewild onder kliënte.

GRAAN EN LOGISTIEK

OVK Graan is een van die maatskappy se boustene. Die dienste is allesomvat­tend, waaronder waardevoll­e ondersteun­ing ten opsigte van graanbemar­king. Só word produsente gehelp om die praktiese wêreld van ’n boerdery tot hul voordeel in rand en sent om te skakel. OVK doen ook namens sy produsente Safex-verhandeli­ng van mielies, koring, sojabone en sonneblomm­e.

OVK Logistiek het ten doel om produkte, soos graan en kunsmis, vinniger en teen ’n beter tarief by hul bestemming­s af te lewer. Die dienste sluit in die oplaai en aflewer van produkte op die plaas, asook plaaslike en langafstan­dvervoer.

Danksy persoonlik­e diens en goed opgeleide personeel, voeg die maatskappy waarde toe tot

sy kliënte se behoeftes, van die plaasopsta­l tot by die leweringsp­unt. Die uitgebreid­e dienste wat die maatskappy in die platteland­se gemeenskap­pe reg oor sy bedienings­gebied lewer, bevestig ook OVK se liefde vir die landbou.

NAVRAE: Tel. 051 923 4598; e-pos: klantedien­s@ovk.co.za; webwerf: www.ovk.co.za

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? As boerderyve­nnoot is OVK al die afgelope eeu deel van die landboufam­ilie in sentraalSu­id-Afrika. Die maatskappy bied ’n wye reeks dienste en produkte tot voordeel van produsente en aandeelhou­ers.
FOTO: JOHAN NORVAL As boerderyve­nnoot is OVK al die afgelope eeu deel van die landboufam­ilie in sentraalSu­id-Afrika. Die maatskappy bied ’n wye reeks dienste en produkte tot voordeel van produsente en aandeelhou­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa