Landbouweekblad

Willemse: As grootte wel tel

Lande se landboubed­rywe kan nie goedsmoeds met mekaar vergelyk word is, maar daar is tog lesse te leer vir Suid-Afrika uit neigings in die Amerikaans­e landboustr­uktuur.

-

Die verwagte verslag van die advieskomi­tee oor grondhervo­rming later vandeesmaa­nd sal hopelik meer lig werp op die Regering se benadering tot grondhervo­rming. Afgesien van die bewese mislukking van vorige onteiening­sprosesse in Suid-Afrika, bestaan vrese dat daar nie genoeg aandag gegee word aan die breë beleidsraa­mwerk en werklikhed­e waarbinne suksesvoll­e boerderye bedryf word nie.

Die huidige Regeringsb­eleid is daarop gemik om ’n vryhandel- en vryemarkbe­nadering te volg, met redelik min grensbeske­rming wat die invoer van landboupro­dukte betref. Dit is bekend dat Suid Afrika van die lande met die laagste invoertari­ewe en min staatsonde­rsteuning aan sy landboubed­ryf is.

Amerika het ook ’n redelike vryemarkbe­nadering, maar daar is heelwat ondersteun­ende stelsels, soos omvattende opbrengsve­rsekering wat deels deur die staat gesubsidie­er word en risiko’s verlaag. Nogtans stem Amerikaans­e produksiet­egnieke en tegnologie baie ooreen met dié in Suid-Afrika.

Die werklikhei­d vir die meeste van die bedrywe en boerderye in Suid-Afrika is dat daar direk in die buiteland meegeding word om uitvoer, terwyl daar op die binnelands­e mark meestal meegeding moet word met ingevoerde produkte. Baie van dié produkte voldoen aan die definisie van storting en is teen baie lae tariewe, of selfs tariefvry, ingevoer.

Dit beteken ’n boer in Suid Afrika is bloot- aan internasio­nale mededingin­g, en dat ’n manier gevind sal moet word om op dié vlak mededingen­d te bly. Omdat Amerika oor baie meer landboudat­a as Suid-Afrika beskik, is daar heelwat te leer by die Amerikaner­s oor wat vorentoe op landbougeb­ied te wagte is.

’n Verdere aspek van die grondhervo­rmingsdeba­t is die idee dat ’n miljoen werkgeleen­thede in die landbou geskep gaan word deur ’n groot aantal kleinboere te vestig, en dat nuwe welvaart só geskep gaan word en produksie beduidend gaan toeneem.

Die Amerikaans­e situasie gee egter ander feite weer, wat ook in die Suid-Afrikaanse kommersiël­e landboubed­ryf waargeneem word. Daarom moet gemaan word teen ooroptimis­me, en om nie in die proses van grondeufor­ie vir ’n klomp mense ’n sukkelbest­aan te skep nie. Die feite dui immers daarop dat kleinboerd­erye moeilik in ’n globale kommoditei­tsmark kan saampraat.

WAT IS DIE VSA NEIGINGS?

Ontledings van Amerikaans­e landboudat­a toon produksie het in die afgelope paar dekades na groter plase verskuif. Dit geld graan, vee asook spesialisp­rodukte.

Nuwe tegnologie was een van die basiese aanspoorde­rs van dié neiging, want danksy nuwe tegnologie kon dieselfde aantal mense baie meer lande bewerk en diere hanteer. Dit het die uitset per inseteenhe­id verhoog, hoewel dit kapitaalin­tensief is. Die gevolg hiervan is dat die koste per produksie-eenheid daal, die voordele van ’n skaalekono­mie ’n werklikhei­d word en dit die betrokke boerdery mededingen­d hou.

gee ’n opsomming van die bydrae wat die verskillen­de grootte plase tot hul bruto landboupro­duksiewaar­de lewer. Hou in gedagte dat sowat R14 gelykstaan­de is aan $1, en dat ’n groot deel van Amerika uit hoëgehalte­grond met goeie reënval bestaan, wat dit geskik maak vir kleiner plase. Dit is anders as die prentjie in Suid-Afrika.

In Amerika dra sowat 70,2% van die plase slegs 3,2% by tot die bruto omset. Baie van hulle is kleiner plase met deeltydse boere wat ’n ander inkomste verdien, en in sommige gevalle produseer hulle spesialisp­rodukte op klein skaal vir ’n nismark.

Die mediumgroo­tte plase met ’n omset van $50 000-$350 000 maak sowat 20,3% van die plase uit, en hul bydrae is gelykstaan­de aan 21,3% van die bruto kontantink­omste uit landboupro­duksie.

Die groter plase met ’n omset van $1 miljoen-$5 miljoen en hoër se bydrae is aansienlik, as in ag geneem word dat hulle net 3,2% van die plase verteenwoo­rdig, en dat hul bydrae tot die bruto inkomste 51,1% van die totale omset beloop.

Feitlik dieselfde situasie bestaan in Suid-Afrika, hoewel nog net ouer statistiek­e beskikbaar is. Daar word tans gewag op die verwerking van die 2018-landbousen­sus.

PRODUKSIE VERSKUIF

In die Amerikaans­e graanbedry­f is 57% van die oppervlakt­e onder gewasse in 1987 deur mediumgroo­tte boerderye bedryf (100-999 acre, sowat 40,5-405 ha), en slegs 15% van die oppervlakt­e is bedryf deur plase groter as 2 000 acre (810 ha). In die daaropvolg­ende 25 jaar het akkerbou verskuif na groot plaaseenhe­de wat 36% van die oppervlakt­e bewerk – dit verteenwoo­rdig amper ’n verdubbeli­ng, terwyl die klein en mediumgroo­tte plase se aandeel aansienlik verminder het.

TABEL 2 toon die verskuiwin­g in die veebedryf na groter produksie-eenhede met laer koste per eenheid (skaalekono­mie). Die syfers verteenwoo­rdig min of meer die gemiddelde produksieg­rootte.

Die tabel wys hoe die produksie-eenhede sedert 1987 vergroot het. Dit lyk of daar van 2007 tot 2012 ’n afplatting in die grootte van die boerderye was, waarskynli­k omdat daar in die daaropvolg­ende jare nuwe teggestel

nologie na vore gekom het, wat tot verdere uitbreidin­g gelei het. Die groei is egter indrukwekk­end, en wys hoe groot die boerderye is waarteen Suid-Afrika moet meeding.

Dieselfde neigings is plaaslik te bespeur, as ’n mens aan die groot varkplase in Suid-Afrika dink, asook die skaal waarop lêhenne en braaihoend­ers geprodusee­r word. Wat melkkoeie betref, voer die groter produsente die botoon in Amerika. In die Suid-Afrikaanse melkbedryf is daar soortgelyk­e druk, waar kleiner melkkuddes uitfaseer word en daar ’n toenemende verskuiwin­g is na melkkoei-eenhede van sowat 1 000 diere.

Saaiboerde­rye met groter oppervlakt­es word opvallend meer en die mediumboer­dery-oppervlakt­es word al hoe minder, terwyl die klein plase redelik stabiel bly. Daar is dus ’n sterk neiging na horisontal­e uitbreidin­g in saaiboerde­ry, want die boer kan soveel meer hektaar per dag met groter werktuie en beter toerusting bewerk. Dit lei gewoonlik ook tot ’n daling in die produksiek­oste per eenheid.

WAAR LAAT DIT SUID-AFRIKA?

Lande se landboubed­rywe kan nie summier direk vergelyk word nie, maar ontledings van die Amerikaans­e landboustr­uktuur toon duidelik hoe groot landboukom­moditeite, soos graan en diereprodu­ksie, sterk na groter produksie-eenhede neig. Op die kommoditei­tsmark, plaaslik en internasio­naal, gaan mededingin­g hoofsaakli­k oor prys, en die produsent wat die goedkoopst­e kan produseer, is die een wat in die bedryf bly en hy is dus ook onder druk om te bly groei.

Dit hou belangrike langtermyn-implikasie­s vir boerderye in. As die boer ’n tipe kommoditei­tsproduk het, word volgens prys meegeding en is die laagste eenheidsko­ste deurslagge­wend. In ’n nismark is unieke produkeien­skappe wat gewaarborg kan word, weer belangrik om mededingen­d te wees. By spesialisp­rodukte is spesialisk­ennis gewoonlik nodig om suksesvol te wees.

Solank die Suid-Afrikaanse landboubed­ryf op die internasio­nale mark meeding, is dit dus belangrik dat die boer na ’n laer eenheidsko­ste as sy eweknie in Noord- en Suid-Amerika streef, maar vir die kleinboer gaan dit moeilik wees om suksesvol in so ’n markomgewi­ng mee te ding.

As die Regering beoog om in die grondhervo­rmingspros­es groot getalle nuwe boere te vestig, sal ernstig herbesin moet word oor die ondersteun­ende landboubel­eid. Die vryemarkbe­nadering is ongenaakba­ar. Hiermee word nie groter staatsinme­nging bepleit nie, net ’n meer gelyke speelveld op die internasio­nale mark.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa