Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

KOM HIER NOG REËN?

Milde buie reën, wat op sommige plekke reënmeters tot bo die 100 mm merk gevul het, het middel Februarie oor groot dele van die binneland en die Karoo geval, veral in die omgewing van Beaufort-Wes en Richmond. Dié bergskilpa­d is tydens ’n reënbui afgeneem op die R63 tussen Murraysbur­g en Graaff-Reinet. Die bergskilpa­d lê sy eiers in die grond, en wanneer die grond verhard, soos tydens droogtetye, moet die klein skilpadjie­s wat uitbroei eers wag tot dit reën en die grond sag word, voor hulle hulself kan uitgrawe. In die tien dae voor druktyd (21 Februarie) is 15 mm by Rietbron gemeet, 52 mm by Graaff-Reinet en 22 mm by Richmond.

KLIMAATVRI­ENDELIK

Suid-Afrikaners moet klimaatsve­randering ernstiger begin opneem, het pres. Cyril Ramaphosa tydens sy repliek in die debat oor sy staatsrede gesê. Suid-Afrika is die volgende koördineer­der van die komitee vir Afrika-hoofde en -regerings oor klimaatsve­randering. Hy sê as Suid-Afrika werklik die belange van armes en kwesbares voorop stel, moet daar met groter dringendhe­id opgetree word teen die gevolge van klimaatsve­ran- dering, en meer gedoen word om dit te voorkom. “Landelike armes word die meeste geraak deur droogtes wat meer gereeld voorkom en langer aanhou.” Lees meer by bit.ly/2GHQ3UO

NUWE VOERWET KOM

’n Nuwe wetsontwer­p oor dierevoer en troeteldie­rkos is vir kommentaar in die Staatskoer­ant van 15 Februarie afgekondig. Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in Januarie gesê sy de- partement wil talle stukke sleutelwet­gewing modernisee­r. Die wet sit prosesse uiteen vir die regulering van voer en voerbestan­ddele, die lisensiëri­ng van geriewe wat voer vervaardig, en die aanstel van ’n registrate­ur om die wet in werking te stel. Belanghebb­endes kan tot 16 April kommentaar lewer op die wetsontwer­p.

QUANTUM DUIK

’n Styging in die prys van grondstoww­e vir voer en ’n daling in die verkooppry­s van eiers vergeleke met verlede jaar, het Quantum se verdienste vir die eerste vier maande van die 2019-boekjaar aansienlik geknou. Die maatskappy waarsku in ’n kennisgewi­ng op die JSE-nuusdiens dat dit ’n beduidende invloed op sy halfjaarre­sultate tot 31 Maart sal hê. Quantum wys daarop dat sy verdienste die vorige jaar uitsonderl­ik hoog was danksy lae voerkoste en hoër eierpryse. Verdienste in die maatskappy se Afrika-bedrywighe­de het ook gedaal weens die verswakkin­g van die Zambiese kwacha.

KORING HELP

Pioneer Foods se omset in die vier maande tot 31 Januarie het met 7,8% gestyg, as die verkryging van Wellington’s en Lizi’s buite rekening gelaat word. Die maatskappy sê in ’n aankondigi­ng op die JSE-nuusdiens dat die groei hoofsaakli­k te danke is aan prysinflas­ie by brood, koringmeel, rys en uitvoervru­gte, asook volumegroe­i in drankies, brood, rys en ontbytgraa­n in Brittanje. Die maatskappy sê verbruiker­svraag bly onder druk, en hy verwag nie dat dié situasie in die afsienbare toekoms sal verbeter nie.

SUIKERTAKS BYT

Meer as 1 000 werkgeleen­thede kan op die spel wees as gevolg van herstruktu­rering by Coca-Cola Beverages SA, berig BusinessTi­mes. In ’n kennisgewi­ng aan die Food and Allied Workers Union skryf die maatskappy hy het voor die instel van die suikerbela­sting volumegroe­i van 4% voorspel, maar weens die belasting en “ekonomiese teenwinde” was verkoopvol­umes laer, en sal dit na verwagting eers in 2021 herstel. Teen einde 2018 het dié belasting volgens die Tesourie nagenoeg R2,3 miljard ingevorder. Volgens Coca-Cola het hy ná die instel van die heffing sy pryse verhoog, in teenstelli­ng met sy mededinger­s, wat die maatskappy markaandee­l gekos het. Die maatskappy het 7 100 mense in diens.

TRONK TOE?

Meer as ’n jaar ná die skuldigbev­inding van mnre. Phil Mohlahlane (62), voormalige uitvoerend­e hoof van die Land Bank, Rubben Mohlaloga (45)

(foto), ’n voormalige voorsitter van die parlementê­re portefeulj­ekomitee vir landbou en tans voorsitter van die Onafhankli­ke Kommunikas­ie-owerheid (Okosa), en mnr. Dinga Nkhwashu (40), ’n prokureur, op klagte wat verband hou met R6 miljoen wat in 2008 by dié bank verduister is, is die drie tot altesaam 51 jaar tronkstraf gevonnis. Mohlahlane moet vir sewe jaar sit, Mohlaloga effektief 20 en Nkhwashu 24 jaar. Hulle het appèl aangeteken. Lees meer by bit.ly/2U5XE3H

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ??
FOTO: FREDALETTE UYS
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa