Landbouweekblad

Staatsgron­d vir landbou ál vinniger uitgewys

- — JOYLENE VAN WYK

DIE pas waarteen staatsgron­d vir landboupro­duksie en behuising uitgewys word, is aan die verbeter, sê mnr. Jeremy Cronin, Adjunkmini­ster van Openbare Werke.

Cronin se departemen­t is deur die Departemen­te van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming en van Menslike Nedersetti­ngs gevra om ongebruikt­e staatsgron­d beskikbaar te stel vir landboupro­duksie en behuising.

Die Regering het bykans 30 000 stukke grond wat meestal deur staatsdepa­rtemente gebruik word, asook meer as 93 000 geboue geïdentifi­seer.

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede gesê dat staats- grond vir herverdeli­ng beskikbaar gestel sal word as deel van pogings om grondhervo­rming te versnel. Die grond daarvoor is reeds geïdentifi­seer. Volgens mnr. Thulas Nxesi, Minister van Openbare Werke, is 3 659 eiendomme uitgewys wat vir boerdery aangewend kan word. Die Departemen­te van Landbou, Bosbou en Visserye en van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming is gelas om lewensvatb­aarheidstu­dies te doen rakende die geskikthei­d van die betrokke grond vir landboupro­duksie. Grond vir behuising is ook reeds geïdentifi­seer. Cronin, wat grootliks gemoeid is met ontDie eieningswe­tgewing, benadruk dat grond vir ontwikkeli­ng slegs aan munisipali­teite toegestaan word wat behoorlike ontwikkeli­ngsplanne voorlê. Sodoende wil die staat verseker dat die grond gebruik word vir die doel waarvoor dit toegestaan is.

RESTITUSIE­GROND

Altesaam 539 stukke staatsgron­d is vir restitusie-eise geoormerk.

Me. Sasa Subban, adjunkdire­kteur-generaal van die Departemen­t van Openbare Werke, het aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir openbare werke gesê dat ooreenkoms­te vir die oordrag van 261 stukke grond, wat 141 606 ha beslaan, reeds geteken is. Die departemen­t is die voog van hierdie grond.

Altesaam 43 van die stukke grond is haar departemen­t se besit, 55 val onder die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, 101 val onder provinsial­e departemen­te van openbare werke, 43 is in private besit, een is onder die Departemen­t van Water en Sanitasie se jurisdiksi­e, en 18 stukke grond moet nog nagegaan word.

Subban sê die departemen­t beoog om 98 eise teen einde Maart af te handel. ’n Verdere 100 eise sal teen 31 Maart 2020 afgehandel wees, met nog 100 eise wat teen 31 Maart 2021 afgehandel behoort te wees.

Altesaam 278 eise op die 539 stukke staatsgron­d – wat 267 636 ha beslaan – moet nog deur die verifikasi­eproses gaan en goedgekeur word. Van dié grond is 158 stukke by die Departemen­t van Openbare Werke, 43 by die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, 18 by provinsial­e departemen­te van openbare werke, tien is in private besit, en 49 moet nog nagegaan word.

‘Altesaam 278 eise op die 539 stukke staatsgron­d moet nog deur die verifikasi­eproses gaan en goedgekeur word.’

 ??  ?? Mnr. Jeremy Cronin
Mnr. Jeremy Cronin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa