Landbouweekblad

52 Ou foon hou nou vee dop!

In die meeste huise lê ’n slimfoon onbenut in die huis rond. Met ’n klein programmat­uurverande­ring en ’n bestaande selfoontoe­passing kan hierdie tegnologie teen die fraksie van die prys van ’n sekuriteit­skamera in die veld aangewend word.

- NAVRAE: Mnr. Kallie Venter, e-pos: kallie@ mweb.co.za; toepassing: https://alfred.camera/

Mnr. Abie Nel, ’n rekenmeest­er op Graaff-Reinet, wou met ’n geruste hart by die see gaan vakansie hou en seker maak die beeste op hul familiepla­as, Buffelshoe­k, het genoeg water tydens die warm somer. Hy het die hulp van ’n kollega, mnr. Kallie Venter, ingeroep om ’n goedkoper alternatie­f te kry vir ’n duur kamera om ’n oog oor sy vee se drinkwater te hou.

Venter het met ’n eenvoudige plan vorendag gekom om ’n ou selfoon in te span as ekstra oog – teen sowat 12% van die koste van ’n nuwe sekuriteit­skamera – sodat Nel sommer op die strand kon seker maak sy beeste het genoeg water.

Venter, ’n meganiese ingenieur, het ’n “sagte plekkie” vir elektronik­a en het nog altyd ’n plan probeer bedink om ’n ou selfoon vir monitering in te span. “Jy kan ’n kamera vir R4 500 koop, maar die meeste boere het ’n ekstra foon met ’n stukkende skerm wat iewers rondlê.”

EKSTRA OOG (OF TWEE)

Sy elektronie­se toesighoue­r bestaan uit ’n ou selfoon met kameras, ’n selfoontoe­passing, ’n sonlaaier en ’n watervlakm­eter.

Die selfoon se agterste én voorste kamera word gebruik. Die een kamera kyk op die

watervlakm­eter in die tenks, ook een van Venter se planne, en die ander kamera is op die waterkripp­e gerig sodat hy kan sien of en hoe die diere water suip. Nel kan dan danksy ’n toepassing, Alfred Home Security Camera, die beeldmater­iaal van albei kameras afwisselen­d op die selfoontoe­passing op sy foon dophou.

Die watervlakm­eter is in die watertenk se oorvloei gemonteer en bestaan uit ’n vlotter wat Venter aan ’n aluminiumg­ordynreëli­ng vasgeheg het. Die “meter” steek by die oorvloei uit. Dit dui die watervlak op ’n eenvoudige manier aan namate dit styg of daal, sodat Nel maklik deur die toepassing kan sien of hy die pomp moet aanskakel.

Venter het aanvanklik ’n PVC-pyp gebruik as watervlakm­eter, maar ’n trop bobbejane het tydens een van hul besoeke die oorspronkl­ike watervlakm­eter gebuig. Hy moes iets sterkers soek wat bobbejaanb­estand is.

Die selfoon en sonpaneel is aan ’n metaalraam­werk op ’n paal gemonteer, op dieselfde hoogte as die watervlakm­eter. Die raamwerk is verskuifba­ar.

Om die selfoon omgewingsb­estand te maak, het Venter die foon tussen twee velle helder polikarbon­aat vasgebout. “As dit in ’n staalhokki­e gemonteer word, kan die selfoonsei­n benadeel word.”

Om te verseker dat die toestel waterdig is, het hy ’n O-ring deurgesny en die twee punte aan weerskante van die selfoonlaa­ier se kabel net voor die USB-punt vasgegom. Hierna is die twee plastiekve­lle weerskante van die foon en O-ring vasgebout.

Die selfoon is ook onder die sonpaneel gemonteer om oorverhitt­ing deur die son te voorkom.

Die selfoon is permanent aan ’n 20 W-sonpaneel gekoppel. Venter het ’n kragregule­erder daaraan gekoppel sodat die foon slegs die 5 V wat benodig word, gebruik.

Aanvanklik is ’n kleiner sonpaneel gebruik, maar dit kon nie genoeg krag voorsien nie. “As dit bewolk is, dan slaap Alfred soggens ’n bietjie, maar meestal is daar genoeg sonlig om die foon te laai.”

PROGRAMMAT­UUR EFFENS VERANDER

Om die ou slimfoon as sekuriteit­skamera aan te wend, het Venter die foon se programmat­uur aangepas. “Die nadeel van ou fone is dat die battery nie baie lank hou nie, en jy wil ook nie baie geld aan ’n nuwe een bestee nie.”

Die foon se battery loop dus elke aand af en moet van voor af gelaai word. “Die probleem met fone wat hul krag deur hul USB-punt kry, is dat jy dit self moet optel en aanskakel, nogal ’n probleem wanneer jy die foon van ’n lang afstand af bestuur. Mense is daarom nog huiwerig om fone vir dié doeleinde te gebruik.”

Hy het toe ’n program geskryf wat geaktiveer word as die foon in die oggend begin laai. “Pleks daarvan dat die foon se skerm wys dat die battery laai, wag die foon vir 5-10 minute sodat hy ’n bietjie krag van die sonpaneel af kan kry en dan vanself aanskakel.”

Om na die beeldmater­iaal te kan kyk, moet albei fone aan dieselfde Gmail-rekening gekoppel word. Dit beteken dat albei fone aan die internet gekoppel word. Volgens Venter is dit voordelig as die foon binne WiFi-opvangsgeb­ied is, want dan is daar geen ekstra koste nie. Indien nie, moet die foon ’n SIM-kaart hê.

Die toepassing gebruik min data omdat dit net geaktiveer word as jy na die toepassing op jou foon kyk en data gebruik word om die beeldmater­iaal aan te stuur.

Met die toepassing kan jy onder meer inzoem. Dit het ook ’n bewegingso­psporingsf­unksie, wat Venter en Nel al in kennis gestel het dat bobbejane met die watervlakm­onitor peuter.

“Jy kan ook die selfoon se vordering bekyk, met inligting oor die laaikurwe of hoe vol die battery gelaai is,” sê Venter.

Anders as gewone sekuriteit­skameras word die videomater­iaal nie gebêre nie, maar daar is ’n opneemopsi­e indien jy iets wil opneem.

Meer as een selfoonkam­era kan aan die toepassing gekoppel word.

Die toepassing kan gratis vir Android of iOS afgelaai word. “Ander toepassing­s het soortgelyk­e funksies, maar Alfred is maklik en werk goed,” sê Venter, wat die stelsel sedert verlede Desember sonder probleme gebruik.

Volgens Nel gee die patent hom nie net ’n geruste hart nie, maar bespaar ook petrol, tyd en instandhou­dingskoste aan sy voertuig.

Die hele plan het minder as R550 (selfoon uitgesluit) gekos.

 ??  ?? Mnr. Kallie Venter het polikarbon­aatvelle eerder as metaalplat­e gebruik om die selfoon te beskerm, aangesien metaalplat­e die foon se ontvangs kan versteur. Hy het ’n O-ring gebruik om te verseker die selfoon is waterdig. fredalette.uys@landbou.com
Mnr. Kallie Venter het polikarbon­aatvelle eerder as metaalplat­e gebruik om die selfoon te beskerm, aangesien metaalplat­e die foon se ontvangs kan versteur. Hy het ’n O-ring gebruik om te verseker die selfoon is waterdig. fredalette.uys@landbou.com
 ??  ?? Danksy die toepassing kan Nel en Venter ook kyk of die diere water drink.
Danksy die toepassing kan Nel en Venter ook kyk of die diere water drink.
 ??  ?? Mnr. Kallie Venter (links) en Abie Nel is kollegas by ’n hondekosfa­briek op Graaff-Reinet.
Mnr. Kallie Venter (links) en Abie Nel is kollegas by ’n hondekosfa­briek op Graaff-Reinet.
 ??  ?? Die watervlakm­eter (agter) is ’n eenvoudige patent wat hulle toelaat om die watervlak van die tenks waar te neem.
Die watervlakm­eter (agter) is ’n eenvoudige patent wat hulle toelaat om die watervlak van die tenks waar te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa