Landbouweekblad

DRYWENDE SONPANEELS­TELSEL EERSTE IN AFRIKA

- — MICHELLE VAN DER SPUY

’n Vrugteplaa­s net buite Franschhoe­k het met die onlangse installeri­ng van ’n drywende sonpaneels­telsel ’n doeltreffe­nde bron van hernubare krag gekry – die eerste in sy soort in Afrika.

Marlenique, ’n vrugteplaa­s en troubestem­ming wat deur Boplaas 1743 besit en bestuur word, sal die stelsel, wat op 1 Maart amptelik bekend gestel is, saam met panele op die plaas se grond gebruik om in 90% van die kragbehoef­tes van die intensiewe koelkamer, besproeiin­g en troubestem­ming se geriewe te voorsien.

Die volgende fase van dié projek behels die installeri­ng van batterye, wat die plaas selfvoorsi­enend sal maak in al sy kragbehoef­tes.

New Southern Energy het die stelsel op die plaas se dam geïnstalle­er. Dit sal nie net help om hernubare krag te lewer nie, maar ook verdamping verminder. Dié drywende stelsel is nie net die eerste op

die vasteland nie, maar teen 60 kWp is dit ook die grootste sonpaneels­telsel in Afrika.

Me. Beverley Schäfer, die Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeli­ng en toerisme, het met die bekendstel­ling gesê die projek is ’n poging om die bestuur van water en krag, belangrike kwessies in die landbousek­tor en ekonomie, aan te pak.

“Die stelsel verminder die plaas se afhanklikh­eid van die kragnetwer­k en lewer skoon, bekostigba­re krag, terwyl dit ook verdamping verminder en water bespaar. Dit sal daartoe lei dat die besigheid op lang termyn geld bespaar en ’n ondernemin­g daarstel wat nie net volhoubaar vir die omgewing is nie, maar ook finansieel volhoubaar is.”

Schäfer het gesê besighede in die WesKaap word al geruime tyd aangemoedi­g om sonkrag as ’n alternatie­we kragbron te benut. Volgens haar word 112 MW tans deur middel van sonkrag opgewek, wat ’n aansienlik­e toename is van die sowat 18 MW sonkrag wat in 2015 opgewek is. Dit verminder nie net die las op die kragnetwer­k nie, maar diversifis­eer die provinsie se kragbronne.

Mnr. Carl van der Merwe, finansiële direkteur van Boplaas 1743, het gesê die stelsel sal die ondernemin­g se koolstofsp­oor halveer. Stygende kragpryse en onsekerhei­d rondom Eskom was die redes waarom besluit is om die stelsel te installeer. “Van al die besighede in ons portefeulj­e gebruik Marlenique die meeste krag. Ons hoop om deur sonkrag ons hele portefeulj­e in die nabye toekoms 100% omgewingsv­riendelik te maak.”

Mnr. David Masureik, uitvoerend­e hoof van New Southern Energy, het Boplaas 1743 se installeri­ng van die innoverend­e stelsel geprys. Hy het ook die regering vir sy ondersteun­ing bedank. “Sonder die nasionale en provinsial­e regering se ondersteun­ing vir bedrywe om meer volhoubaar en onafhankli­k van die kragnetwer­k te funksionee­r, sou ons besigheid nie bestaan het nie. Ons voel geeerd om deel van die gunstige veranderin­g in die openbare en private sektor te wees.”

 ??  ?? Die grootste drywende sonenergie-aanleg in Afrika. Links is mnr. David Masureik, uitvoerend­e hoof van New Southern Energy, en regs me. Beverley Schäfer, Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeli­ng en toerisme.
Die grootste drywende sonenergie-aanleg in Afrika. Links is mnr. David Masureik, uitvoerend­e hoof van New Southern Energy, en regs me. Beverley Schäfer, Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeli­ng en toerisme.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa