Herlewingslandbou: Navorsers moet nou inhaal by boere
DAAR word nie meer gefluister oor wie nou eintlik die pas aangee me tv ernuwende denke en die toepassing v ann uwe praktyke in die landbou nie. Boere meen hulle kan selfs meer doen as navorsers by hulle aansluit.
“Ek wil nie op tone trap nie, maar ek wil ne tv ir die navorsers sê ek dink die Suid-Afrikaanse boere het hulle verbygesteek. Ek dink hulle moet met ons hande vat omdat ons die aanpassings self moes doen. Ons is nie navorsers nie, maar ons kan nie steeds b yu niversiteite leer wat ons reeds 40 jaar gelede van grondkunde geweet het nie. Navorsing moet ook verander,” het mnr. Danie Slabbert, ’n boer van Reitz, gesê op die herlewingslandboukon- ferensie wat Landbouweekblad en die Riemland-studiegroep op Reitz aangebied het.
Lede van dié studiegroep het die afgelope dekade berge versit om herlewing in hul boerderystelsels t ebe werkstellig. Hulle het nie geskroom om te leer van ander wat lank voor hulle daarmee begin het nie, en het self reeds skoolgeld betaal. Hoew elh ul vordering duidelik is, gaan die leerproses aan, het Slabbert gesê.
BOERE VORDER SELF
Dié rebelsheid en vernuwende denke beteken nie boere wil amateuragtig aandruis nie. Die vordering wat boere op eie inisiatief maak, het hom opgeval, sê mnr. Jason Carter, ’n herlewingsboer van Eastover in die Amerikaanse deelstaat Suid-Carolina en ’n spreker op die konferensies op Reitz enO ttosdal.
“Ek was verstom oor die vlak van wetenskaplikheid waarmee Suid-Afrikaanse boere herlewingslandbou beoefen. Dit het my ook beïndruk hoeveel boere inS uid-Afrika reeds dié praktyk voluit beoefen. Ek vermoed selfs dat inS uid-Afrika, in verhouding gesien, meer herlewingsboere is as in Amerika.”
Toe lede van ’n boerepaneel op Reitz gevra is hoe boere met herlewingslandbou kan begin, he tC arter aanbeveel dat boere seker maak hulle verstaan die wetenskap wat herlewingsboerdery onderlê vóór hulle begin.
Slabbert stem met hom saam, maar voeg by dat boere deeglike planne moet beraam voor hulle die beginsels van bewaringslandbou oph ul eie plase gaan toepas. “Dít kan niemand anders vir jou doen nie, want dan is dit sy stelsel en nie joune nie.”
VERSTAAN DIE GROND
Prof. Buz Kloo tv an die Universitei tv anS uid-Carolina, hoofspreker op albei konferensies, sê een van die kenmerke van herlewingslandbou is hoe boere begin om die grond te verstaan omdat hulle nie langer kan wag vir advies nie.
Kloot, wa tv anaf 2011 baie gedoen het om boere-vernuwing te dokumenteer en saam met boere herlewingsboerderypraktyke na te vors, sê mense beskou hom as ’n soort pionier, ’n soort kundige. “Eintlik is ek net bevoorreg om boere, die ware helde, se boodskap te verkondig.”
Maar wat beteken di tv ir navorsers? Kloot sê boere vind ui tw at
in die grond gebeur, maar wetenskaplikes moet uitvind waarom dit gebeur. Wetenskaplikes kan dan breë beginsels daaruit ontwikkel. Kloot meen die beste navorsing sal na vore kom waar navorsers verhoudings met boere ontwikkel.
Me. Sheila Store yv an Nemlab sê ook haar ondervinding in die vrugtebedryf is dat die beste navorsingsprojekte na vore kom waar die wetenskaplikes én boere saamstem oor die belangrikheid van die navorsing.
NIE UNIVERSEEL
Iets wat herlewingsboere goed verstaan en wat dr. Valeria Faggioli in haar oorsig oor 40 jaar van bewaringsboerdery in Argentinië uitgelig het, is dat daar nie ’n universele benadering tot herlewingslandbou is nie. Boere kry dit goed reg om dit wat hulle by hu le weknieë in ander gebiede en lande leer, in hul eie toestande aan te pas.
Boere dink dalk hulle pas herlewingslandboupraktyke toe om net die winsgewendheid en volhoubaarheid v anh ul eie boerdery ete verbeter, maar hoe meer boere dit doen, hoe wyer kan die voordele strek. Prof. James Blignaut, ’ nh ulpbronekonoom, meen die vaslegging van koolstof, bewaring van water en beperking van erosie as gevolg van herlewingslandbou kan die “lekplekke” of vermorsing in die ekonomie keer en die ekonomie volhoubaarder laat groei.