Pluimvee: Meesterplan vorder
’N MEESTERPLAN van die regering om die verkope van plaaslike hoendervleis te verbeter, die plaaslike bedryf mededingender te maak, werkskepping te verhoog en transformasie te versnel, het reeds beduidend gevorder.
Mnr. Mooketsi Ramasodi, adjunkdirekteur-generaal vir landbouproduksie by die departement van landbou, bosbou en visserye, het vordering met dié plan aan die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye uiteengesit.
Die plan word in twee fases ontwikkel. In die eerste fase is handelsdata, produksie, belegging en werkskepping hersien. Dié werk is reeds voltooi.
In die tweede fase sal die bedrywighede in die plaaslike hoenderwaardeketting ondersoek word. Daar word onder meer geky kna wat die werkskeppingsneigings in elke komponent van die waardeketting is, die siekte- en chemiese bestuursraamwerk word hersien, en die mededingendheid van die primêre braaihoenderproduksie, voer en logistieke waardeketting kom in die kollig.
“Die meesterplan vir die pluimveewaardeketting sal help om volhoubare groei in die ketting te ontwikkel,” sê Ramasodi.
KONSULTASIE
Die bevindings van die ondersoeke sal in April bekend gemaak en voorstelle in Junie aan die bedryf voorlê word. Daarna sal konsultasie met ander belanghebbendes plaasvind. Die meesterplan behoort teen die einde van die tweede termyn van die boekjaar 2019-’2 0v oltooi te wees.
Die departement van handel enn ywerheid het hom onlangs in ’n mediaverklaring opnuut daartoe verbind om die pluimveebedryf te ondersteun.
Dit volg ná onlangse berigte oor die groot toename in ingevoerde hoendervleis verlede jaar, asook die druk wat dit op braaihoenderprodusente plaas.
Die teenstortingsbeweging FairPlay het in reaksie op die verklaring gesê dié plan kan ’n nuwe era van samewerking tussen die staat en die bedryf inlui. Mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay, sê die organisasie wil sien dat woorde in dade omgeskakel word. Alle betrokke departemente moet hul steun verleen. Die departement van landbou, bosbou en visserye het volgens hom nie genoeg geld om gesondheids- en voedselveiligheidstoetse by buitelandse produksie-aanlegte en invoerbesendings te doen nie en kan nie dít wat ander lande daaraan doen, ewenaar nie.