BIOLOGIESE BEKAMPING KA N SA VAN INDRINGE RS R ED
Indringerspesies kos Suid-Afrika miljoene rande, maar die veili- ge en doeltreffende biologiese bekamping van indringerplante kan verliese keer en terselfdertyd landboubronne en watervoorsiening beskerm.
Amelia Genis se berig “Indringerplant es uig jaarliks een Jozini-dam leeg” (LBW ,1 6 November 2018 )w eerspieël akkuraat die gevolgtrekkings wat in die 2017-verslag oor die status van biologiese indringers en die bekamping daarv aninS uid-Afrika gemaak is. Inderdaad, die toekomstige nadelige uitwerking van indringerspesies op die land se r yk biodiversiteit en ekologiese infrastruktuur gaan ernstige gevolge hê.
Die berig gee egter nie genoegsame insig in verband met die ongelooflik suksesvolle biologiese bekampingsprogramme inS uid-Afrika nie. Hoofstuk 6 van die verslag lu i:“Die biologiese bekamping van indringerplante is merkwaardig suksesvol, met 15 spesies onder volkome beheer en ’n verdere 19 spesies onder ’n aansienlike graad van beheer. Hierdie sukses is deur die grootskaalse produksie van insekte aangehelp.”
Terwyl 34 indringerplantspesies minder as 10% uitmaak van die 382 indringerplante wat in die regulasies genoem is, is hierdie spesies van die skadelikste waterplante, kaktusse en bome vir die omgewing.
Suid-Afrika het meer as ’n eeu se veilige en doeltreffende biologiese bekamping van indringerplante.
Van 191 3t o t20 13 is 270 spesies (of biotipes )v an potensiële biologiese bekampingsagente nagevors, waarv an 1 06 goedgekeu r is as veilig vir loslating inS uid-Afrika. Van hierdie 106 gasheerspesifieke biologiese agente wat beskikbaar gestel is, he t7 5s uksesvol gevest ig by 48 indringerplantspesies wa tv ir biologiese bekamping in die visier gestel is.
Biologiese bekamping het veral daarin geslaag om indringerplante, soos kaktusse, waterplante en die saadproduksie van Australiese Acacia-spesies wat vir die houtbedryf waardevol is, maar buite plantasies indringers is, te takel.
Van die 35 indringerkaktusspesies op die lys word aangedui dat 12 as onder gedeeltelike of volkome biologiese bekamping is en 10 beperkte verspreidings het en met daadwerklike pogings in Suid-Afrika uitgeroei kan word. Sommige van die oorblywende 13 word as moontlike teikens vir toekomstige biologiese bekampingsprogramme beskou.
Vier van die vyf groot drywende waterindringers is onder volkome beheer gebring deur die gebruik van doeltreffende biologiese bekampingsagente. Dit sluit Salvinia molesta (salvinia), Pistia stratiotes (waterblaarslaai), Myriophyllum aquaticum (waterduisendblaar) en Azolla filiculoides (rooi watervaring). Elkeen van hulle is deur ’n enkele gasheerspesifieke agent onder beheer gebring.
Die vyfde indringerplant, Eichhorni ac rassipes (waterhiasint), is moeiliker om onder beheer te bring, wat heel moontlik toegeskryf kan word aan die hoogs eutrofiese waterstelsels wat dit indring. Nege biologiese bekampingsagente is losgelaat om die waterhiasint te pak. Met verbeterde watergehalte deur besoedelingsbestuur is dit heel moontlik dat hierdie waterindringer ook onder beheer gebring sal word.
Aangesien sekere Acacia-spesies (Acacia mearnsii) vir die houtbedryf belangrik is, is moeite gedoen om die reproduserende uitset van hierdie spesie te verminder en nie die ekonomies waardevolle hout nie. F.A.C. Impson et al. het in 2011 geskryf dat vyf saadvretende kalanderspesies, twee blom-galvormende vlieëspesies en twee botsel-gal-
vormende wespespesies teen tien Australiese Acacia-spesies wat in Suid-Afrika indringers geword het, losgelaat is. Die agente het dit reggekry om die saadproduksie van die betrokke spesies, wat waterbeskikbaarheid in opvanggebiede drasties benadeel, merkwaardig te verminder.
C. Zachariades et al. het in 2017 geskryf dat Suid-Afrika reeds verskeie dekades lank as een van die vyf voorste lande ter wêreld erken word wat navorsing oor die biologiese bekamping van uitheemse indringerplante betref.
Hierdie erkenning is deur ’n onberispelike veiligheidsrekord ondersteun, soos beklemtoon in V.C. Moran et al. se 2005-studie. “Van groot belang die afgelope 90 jaar in Suid-Afrika is dat daar geen aantekeninge of waarnemings is van ingevoerde biologiese bekampingsagente wat aansienlike skade aan enige gewasse of inheemse plante aanrig nie. Let wel, dit is ook waar dat geen volgehoue of sistematiese opnames gedoen is om spesifiek te bepaal of die agente se gasheerplant-verbintenisse wat in laboratoriumtoetse voorspel is, in die veld gehandhaaf is nie.”
Die Suid-Afrikaanse departement van omgewingsake erken die krag van biologiese bekamping as ’n wapen om indringerplantspesies te beveg. ’n Onlangse verbintenis ter waarde van sowat R68 miljoen oor drie jaar deur die sentrum vir biologiese bekamping (met die samewerking van navorsers oor biologiese bekamping van die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Kaapstad, die Universi
teit van KwaZulu-Natal en Rhodes-universiteit) blemtoon Suid-Afrika se vertroue dat dié benadering sal help om die stryd teen indringerplante te wen.
Terwyl daar nog baie gedoen moet word om die oorlog teen indringerplantspesies te wen – met verhoogde beleggings in die arsenaal van biologiese bekampingsvlakke – is daar ’n hele paar gevegsfronte waar indringerplante reeds tot beheerbare vlakke teruggedruk is. PHILIP IVEY
Navorser, sentrum vir biologiese bekamping, Rhodes-universiteit
Die name van die medeskrywers van hierdie stu ken ’ nb ronnelys kan by Ive yv erk ryw ord. — Red.