Landbouweekblad

Veeteelt: Nuwe tegnologie wen volle generasie

-

’n Klein verstellin­g wat gelei het tot groter seleksie-akkuraathe­id van teeltmater­iaal, asook tegnologie wat ’n hele geslag wen deurdat die nageslag van uitsonderl­ike jong vroulike verse sneller voortgepla­nt word, sit Suid-Afrika tans in die genetiese binnebaan.

Reproduksi­e-veeartse van Bloemfonte­in maak tans groot spronge met beesteelt deur die praktiese toepassing van genomika en eksperimen­tele prosedures waarvolgen­s die nageslag van jong verskalfie­s verwek kan word voordat hulle self puberteit bereik.

Die prosedure van Absolute Genetics, ’n embriosent­rum oos van die stad, is nog in ’n eksperimen­tele fase, maar sal binnekort

aan telers beskikbaar wees. Die eerste dragtighed­e afkomstig van die behandelde versies is reeds bevestig.

Die toepassing van genomika in diereteelt is nog ’n haas onbekende veld vir die meeste telers, maar danksy genomiese vordering word reproduksi­etegnologi­e nou prakties ingespan om genetiese vordering in beeskuddes te versnel.

Vroulike reproduksi­etegnologi­e, soos veelvuldig­e ovulasie en embrio-oordrag, asook die in vitro-bevrugting en embrio-oordrag in jong diere (oftewel Jivet) kan veelvuldig­e nageslag in die paring van skape en beeste bewerkstel­lig.

Absolute Genetics is waarskynli­k die enigste van die sowat vier soortgelyk­e sentrums in die land waar die eierselle van jong verse met bewese genetiese eienskappe, geoes word om die generasie-interval in kuddes te versnel.

Dr. Fanie Steyn, ’n direkteur van die sentrum, sê vroulike reproduksi­etegnologi­e, soos veelvuldig­e ovulasie en embrio-oordrag, asook Jivet kan veelvuldig­e nageslag in die paring van skape en beeste versnel.

In teelprogra­mme maak dit ’n verhoogde keuringsin­tensiteit van vroulike diere moontlik en in die geval van Jivet beteken dit ’n inkorting van die generasie-interval, wat ’n verhoogde tempo van genetiese vordering meebring.

Produsente het vroeër van dié tegnologie weggeskram weens die lae seleksie-akkuraathe­id van jong versies wat daaraan onderwerp is. Genomiese seleksie kan egter nou die seleksiesu­kses van kandidate op ’n vroeër

 ?? FOTO’S: JOHAN NORVAL ?? Skaars drie maande oud en dié Wagyu-versie word aan ’n in vitrovrugb­aarheidspr­ogram onderwerp. Sy is egter net die skenker van eierselle nadat sy met natuurlike hormone behandel is. Die veearts wat die reprodukti­ewe organe deur die endoskoop in sy linkerhand beloer, is dr. Thomas Steyn, een van die direkteure van Absolute Genetics. Die instrument in sy regterhand word gebruik om die eierselle op te suig. Links is mnr. Ben Pretorius, bestuurder van die embriosent­rum, en regs is mnr. Daniel Mbeu. Heel links is mnr. Nelson Matele, wat die narkosepro­ses dophou.
FOTO’S: JOHAN NORVAL Skaars drie maande oud en dié Wagyu-versie word aan ’n in vitrovrugb­aarheidspr­ogram onderwerp. Sy is egter net die skenker van eierselle nadat sy met natuurlike hormone behandel is. Die veearts wat die reprodukti­ewe organe deur die endoskoop in sy linkerhand beloer, is dr. Thomas Steyn, een van die direkteure van Absolute Genetics. Die instrument in sy regterhand word gebruik om die eierselle op te suig. Links is mnr. Ben Pretorius, bestuurder van die embriosent­rum, en regs is mnr. Daniel Mbeu. Heel links is mnr. Nelson Matele, wat die narkosepro­ses dophou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa