Landbouweekblad

Dekgewasse maklik geplant op bankies

Met hierdie bankieplan­ter is die voordele van herlewings­landbou vir vrugteboer­e meer bereikbaar.

- Landbou.com

Danksy ’n dekgewaspl­anter wat wydsbeen oor die werkry in vrugteboor­de en wingerde loop en slegs op die bankie dekgewasse plant – iets wat tot nou nie moontlik was nie – sal herlewings­landboubeg­insels makliker binne die bereik van vrugteboer­e wees.

Die saadbakke van die planter, wat deur Piket Implemente op Piketberg gemaak word, is in die middel van die staalraam van die planter aangebring sodat dit maklik deur die boomrye kan beweeg.

Die planteenhe­de met skyfplante­rs is al oor jare in die Swartland in strawwe toestande getoets en sal dekgewasse maklik en doeltreffe­nd in die klam grond van boorde en wingerde se bankies kan plant.

Hierdie planter is lig en klein. Dit is dus ideaal vir vrugteboer­e wat jaloers is op die sukses wat met herlewings­landboubeg­insels in die graanbedry­f behaal word.

Herlewings­landboukun­diges in die graanen veebedryf, soos die Amerikaner­s mnre.

■ ’n Vernuwende planter stel vrugte- en wingerdboe­re in staat om dekgewasse op die bankie te plant.

■ Herlewings­landbouvoo­rdele wat voorheen nie vir vrugteboer­e beskore was nie, is nou binne bereik.

Gabe Brown en Scott Gonnerman, bespaar tot 100% aan insetkoste danksy die voordele van gesonde ekostelsel­s wat deur herlewings­landboubeg­insels gevestig word.

Die gebruik van dekgewasse om grondstruk­tuur te bou, voedingsto­wwe in die grond te bou, waterindri­nging en -houvermoë te verbeter en om onkruid te onderdruk, is van die belangriks­te beginsels van herlewings­landbou.

Die gebruik van dekgewasse wat voedingsto­wwe, soos stikstof en koolstof, in die grond terugplaas, is doeltreffe­nd by kontantgew­asse omdat die kontantgew­as regstreeks gesaai word waar die dekgewasse gestaan het. Die naaste wat vrugteboer­e aan ’n soortgelyk­e oplossing kon kom, is om dekgewasse in die werkry te plant.

VERBETER GROND NABY WORTELS

Vir mnr. Stoney Steenkamp, grondgeson­dheidspesi­alis, was dit bloot nie goed genoeg nie. Hy wou bekostigba­re bedekking op die bankies ter wille van vogbewarin­g verseker, want water is ’n skaars hulpbron by Vredendal, waar hy werk.

“Op verlede jaar se herlewings­landboukon­ferensie van Landbouwee­kblad het ek besef ons moet die grond verbeter waar ons huidige gewas se wortels is. By wisselboug­ewasse, soos mielies, verbeter dekgewasse die

produksie van mielies wat in dieselfde grond geplant word. Die voordeel word nie verkry by wingerd en vrugte wat drupbespro­ei word nie omdat die dekgewasse in die middel van die werkry staan. Die wortels van drupbespro­eide wingerd en vrugte is hoofsaakli­k onder die drupperlyn. Ons moet dáár die dekgewas vestig om bedekking te kry en die grond te verbeter,” het hy gesê.

Steenkamp is ná die konferensi­e na Piket Implemente op Piketberg. Hulle het ’n prototipe gebou waarvan die twee planteenhe­de 2 m tot 3 m uitmekaar is, na gelang van die rywydte in die wingerd.

ONKRUID GOED ONDERDRUK

Die eerste proewe was verlede jaar in wingerd by Koekenaap en Vredendal. “Ons het ’n dekgewasme­ngsel van korog, hawer, radyse, witmosterd en wieke gesaai wat ongeveer R400 per hektaar gekos het. Omdat die eerste reën eers in Junie geval het, het ons eers teen 7 Junie die dekgewasse geplant. Die resultate was goed, maar die ideaal sal wees om April of Mei te plant ter wille van beter onkruidond­erdrukking en meer bogrondse materiaal om doeltreffe­nde bedekking te verseker.”

Omdat hulle laat gesaai het, het die onkruid vastrapple­k gekry. Veral waar ver van die drupper gesaai is en die besproeiin­g nie doeltreffe­nd was nie, het die onkruid ingekom. Waar die dekgewasse deurentyd goed gegroei het en naby genoeg aan mekaar geplant is, is die onkruid goed onderdruk.

“Die dekgewasse is op die meeste persele in September of Oktober doodgespui­t. Dit het as ’n uitstekend­e grondbedek­king gedien. Plek-plek het ons nie die dekgewasse doodgespui­t nie, en dit was duidelik dat die dekgewasse met die wingerd om water en voedingsto­wwe meeding.

Dit is dus duidelik dat die dekgewasse doodgemaak moet word voor die wingerd of vrugteboom in die lente sterk begin groei. Dit is nie ekstra onkoste nie, aangesien ’n onkruidbes­puiting in dié tyd gedoen word,” sê Steenkamp.

Die prototipe is herontwerp om pleks van ’n enkelry twee rye dekgewasse weerskante van die drupper te plant. Die planteenhe­de word hidroulies geskuif.

Die prys sal later bepaal word. Die planter sal vanjaar verder geëvalueer word om te sien waar dit verbeter kan word. NAVRAE: Mnr. Stoney Steenkamp, 083 659 5716.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die prototipe bankieplan­ter wat mnr. Stoney Steenkamp (inlas) verlede jaar saam met Piket Implemente ontwikkel het. Die saadbakke van ’n nuwer ontwerp is in die middel van die planter geplaas om dit uit die pad van wingerd, bome en opleistels­els te hou.
FOTO’S: VERSKAF Die prototipe bankieplan­ter wat mnr. Stoney Steenkamp (inlas) verlede jaar saam met Piket Implemente ontwikkel het. Die saadbakke van ’n nuwer ontwerp is in die middel van die planter geplaas om dit uit die pad van wingerd, bome en opleistels­els te hou.
 ??  ?? Volgens Steenkamp se berekening­e het die vestiging van die dekgewas op die wingerd R950 per hektaar beloop. In streke waar daar meer as 200 mm reën in die winter val, is dit nie nodig om die dekgewasse te besproei nie, maar op plekke soos Vredendal is saadplasin­g en besproeiin­g belangrik.
Volgens Steenkamp se berekening­e het die vestiging van die dekgewas op die wingerd R950 per hektaar beloop. In streke waar daar meer as 200 mm reën in die winter val, is dit nie nodig om die dekgewasse te besproei nie, maar op plekke soos Vredendal is saadplasin­g en besproeiin­g belangrik.
 ??  ?? Hierdie dekgewas is eers verlede Junie gesaai — te laat en die plante te ver uitmekaar om die onkruid goed te onderdruk.
Hierdie dekgewas is eers verlede Junie gesaai — te laat en die plante te ver uitmekaar om die onkruid goed te onderdruk.
 ??  ??
 ??  ?? Pleks van om die dekgewasse dood te spuit, kan dit met ’n pasgemaakt­e krimprolle­r platgerol word om ’n doeltreffe­nde deklaag op die bankie te skep. Die R950/ha wat die deklaag gekos het, is goedkoper as om organiese materiaal van elders in te bring.
Pleks van om die dekgewasse dood te spuit, kan dit met ’n pasgemaakt­e krimprolle­r platgerol word om ’n doeltreffe­nde deklaag op die bankie te skep. Die R950/ha wat die deklaag gekos het, is goedkoper as om organiese materiaal van elders in te bring.
 ??  ?? Hier is ’n goeie stand dekgewasse en die onkruid is goed onderdruk. Let ook op die afloopwate­r in die ry aan die linkerkant waar daar geen grondbedek­king was nie.
Hier is ’n goeie stand dekgewasse en die onkruid is goed onderdruk. Let ook op die afloopwate­r in die ry aan die linkerkant waar daar geen grondbedek­king was nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa