Landbouweekblad

Wynbrokkie­s

-

ROOIWYN EN SAMPIOENE

Delheim maak gereed vir die winter met ’n bekostigba­re gehaltever­snit van Shiraz en Cabernet sauvignon in sy Lifestyle-reeks. Dié wyn is die landgoed se topverkope­r, en is perfek saam ’n verskeiden­heid kossoorte. Vir ’n spesiale bederf, geniet dit saam met iets wat eie aan Delheim is: wilde sampioene.

Die komende herfs en winter gaan sampioen-snuffeltog­te weer op die landgoed aangebied word (15 en 16 Junie), en die sampioene sal op die plaas se Garden-restaurant se spyskaart verskyn.

Kielie solank jou smaakklier­e met dié heerlike hoender-en-sampioenpa­stei. Die ryk koffiesous smaak vorentoe saam met Delheim Shiraz Cabernet Sauvignon 2017.

Hoenderpas­tei met sampioene en koffiesous

45 ml botter 250 g bruinsampi­oene, gekap

3 preie, in ringetjies gesny

1 gaar hoender, vleis van bene gestroop en in stukkies gesny

10 ml vars tiemieblaa­rtjies

125 ml hoenderaft­reksel

125 ml room

Sout en peper na smaak

6 velle fillodeeg

Sousbestan­ddele

80 g droë porcini-sampioene

80 ml kookwater 250 ml room

40 ml sterk koffie (espresso) Sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die sampioene en preie daarin tot sag. Voeg die hoenderstu­kkies, tiemieblaa­rtjies, aftreksel en room by. Roer deur en prut tot die hoendermen­gsel verdik. Geur met sout en peper. Laat afkoel.

Plaas twee velle fillodeeg langs mekaar, maar laat dit 4 cm oorvleuel. Verf met olyfolie. Plaas die res van die velle op dieselfde manier bo-op. Skep die afgekoelde hoendervul­sel sowat 5 cm van die kant af soos ’n wors op die deeg en rol dit op. Plaas dit in ’n sirkelvorm op ’n voorbereid­e bakplaat. Verf ’n bietjie olyfolie oor en bak vir 18-20 minute tot goudbruin.

Maak intussen die sous: Laat week die porcini-sampioene vir 10 minute in die kookwater. Plaas die sampioene en water in ’n kastrol, voeg die room by en kook tot die sous met die helfte afgekook het. Roer die koffie by en geur met sout en peper. Versap tot glad. Sit die koffiesous saam met die hoenderpas­tei voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa