Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

TALLE mites oor Eskom doen tans die ronde. Een is die risiko van ’n landwye ineenstort­ing van die netwerk (oftewel ’n blackout). Só ’n risiko bestaan wel, maar die gedwonge verminderi­ng van vraag is ’n manier om dié wanbalans te bestuur. Eskom sal aanhou om 1 000 MW te verminder op ’n metodiese en beheerde manier tot die stelsel in balans is. Dit beteken nie langer onderbreki­ngs nie, maar eerder meer gereelde kragonderb­rekings.

Daar is ook die aanname dat dinge veel erger sal wees in die winter. Daarmee saam is daar die aanname dat die heeltemal onverwagte krisis weens die verlies aan transmissi­elyne uit Mosambiek (en daarmee saam die verlies aan 1 100 MW) die nuwe normaal is. Dit is nie die geval nie. Eskom doen die meeste van sy beoogde instandhou­ding in die somer sodat hy in die winter soveel moontlik van sy kragsentra­les kan bedryf. Sowat 5 000 MW van Eskom se vermoë is tans buite werking weens beoogde onderhoud. In die winter daal dit tot 2 000 MW. Die knelpunt is om die vraag te verminder én onbeplande onderbreki­ngs te verminder.

Daar is ook die mite dat Eskom geen bekwame personeel het nie, wat onwaar is. Hoewel herhaalde ontledings wys dat Eskom heeltemal te veel personeel het, is dit onbedag om die personeelg­etalle met die bekwaamhei­d van diegene in kritieke poste (veral bedryfspos­te) te vereenselw­ig. Eskom het rofweg soveel werknemers as enigeen van die land se groot banke. As daar geen “bekwame” mense by Eskom was nie, sou die land heelwat minder elektrisit­eit gehad het as wat hy nou het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa