Landbouweekblad

DIE BOERE KAN HELP

- — CHRIS BURGESS

Dit was verfrissen­d om die afgelope twee weke tyd te kon afstaan aan wat die landbou se werklike probleme behoort te wees, naamlik die eise wat moeder natuur aan die mensdom stel, en nie die dinge wat in ’n idiotiese politikus se kop rondmaal nie. Moeder natuur se probleme is immers logies as jy bereid is om diep genoeg na te dink oor die bedoeling agter die oorspronkl­ike ontwerp van haar natuurlike stelsels.

Die afgelope twee weke is die punt herhaaldel­ik op Landbouwee­kblad se herlewings­landboukon­ferensies gemaak dat alles by grond begin. Dit maak sin, want grond bly immers die fondament waarop alles gebou word, en dit behoort boere se eerste prioriteit te wees.

Gelukkig verstaan boere nou ook hoe om hul grond te verbeter. Boere moet sonskyn en water met hul plante oes om meer koolstof in die grond te kry. Die lewende wortels pomp koolstof in die grond, en wanneer diere die plante bewei, lei hul speeksel, mis en urine tot nog meer koolstof in die grond.

Meer koolstof bring groter vrugbaarhe­id, minder insette en beter waterhouve­rmoë — net soos moeder natuur dit oorspronkl­kik ontwerp het. Dié gratis dienste laat jou meer geld maak, los meer probleme op en maak dit net soveel lekkerder om te boer!

Boonop werk dit. Ná die baanbreker­swerk van boere soos Izak Dreyer van Vrede slaag ál meer boere daarin om die natuur as bondgenoot in te span. Natuurlik is daar struikelbl­okke, sê Danie Slabbert, ’n bewaringsb­oer van Reitz. “Met konvension­ele landbou maak mense elke jaar foute. Ons mag egter geen foute maak nie, anders sê mense herlewings­landbou werk nie!”

Dit is egter nie net boere (en joernalist­e) wat moet leer nie. Finansiers moet ook opgevoed word. Baie boere is só diep in die skuld dat geen finansieri­ng beskikbaar is vir die veranderin­ge wat hulle moet aanbring om op lang termyn volhoubaar­der te boer nie. In die graanbedry­f, veral by droëlandpr­oduksie in die weste, is groter veerkragti­gheid so broodnodig soos ’n goeie bui reën. Dit maak tog net sin.

Dit bring ons by die absurditei­t van Eskom. Toe Suid-Afrika in 2007 beurtkrag gehad het, was die verskoning dat die land nie in nuwe kragopwekk­ingsvermoë­ns belê het nie, want mnr. Trevor Manuel, destydse minister van finansies, se hoofdoelwi­t was om die boeke te laat klop. Ons is gevra om geduldig te wees, want twee nuwe kragstasie­s, Medupi en Kusile, is op pad.

Dit is 12 jaar later, Suid-Afrika het ’n groot deel van sy ekonomie verloor, en Medupi en Kusile is nog nie klaar nie. Inteendeel, hulle is swak gebou en ver bo begroting. Die doel was nooit dat hulle krag sou voorsien nie, maar eerder dat hulle die ANC-kamerade sou verryk. Dié onverskill­ige roekeloosh­eid slaan ’n mens se asem weg.

Die landbou kan egter help. Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se afdeling vir ekonomie en handel, sê vanuit die landbou is daar 400 aansoeke ontvang vir hernubare energiepro­jekte wat 1 400 MW kan opwek. Dít kan fase 1-beurtkrag keer. As Suid-Afrika se handelsban­ke produkte kan skep sodat sonplase as hul eie sekuriteit kan dien, kan dié belangstel­ling verdubbel. Dit sal fase 3-beurtkrag binne die volgende twee jaar uitskakel. Dit maak tog sin.

As ons die tameletjie van droëlandmi­elieprodus­kie kon oplos, behoort beurtkrag tog ook doenbaar te wees. Laat dit net aan die boere oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa