Landbouweekblad

LYS VAN PLASE VIR ONTEIENING MAAK OPSLAE

-

’n Lys plase wat die ANC in die Noord-Kaap geïdentifi­seer het vir onteiening sonder vergoeding as die parlementê­re proses afgehandel is, maak opslae.

Agri SA sê in ’n verklaring hy eis dat die lys wat deur mnr. Deshi Ngxanga, provinsial­e sekretaris van die ANC, in die provinsie versprei is, onmiddelli­k herroep word. Agri SA wil nou die diplomatie­ke gemeenskap betrek oor die ANC se ommekeer van sy verklaarde posisie dat produktiew­e landbougro­nd nie geoormerk sal word nie. Die organisasi­e het voorverled­e week met mnr. John J. Sullivan, Amerikaans­e adjunkmini­ster van buitelands­e sake, vergader.

“Ons veroordeel die optrede deur die ANC in die Noord-Kaap ten sterkste en sal die saak met erns hanteer,” sê mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van JASPER VERMAAK skryf: En dit is seker plase wat baie produktief is, wat op die lysie is. Net om te vat en af te breek.

RHENIER JR LABUSCHAGN­E skryf: Dis ongeloofli­k dat Agri SA steeds verwag die korrupte kommuniste gaan hul woord gestand doen.

BASJAN VENTER skryf: As AfriForum met Amerika praat, is dit ’n groot sonde, maar noudat Agri SA wakker skrik en met die Amerikaner­s vergader, is dit groot nuus.

ERIC BOTHA skryf: Soos laas jaar. Die wet is nog nie deur nie, maar hulle wil al steel. Kom ons kyk watter boere dit toelaat.

FANUS GERBER skryf: En ons is bekommerd dat niemand in ons land gaan belê nie . . .

CATHLEEN MARAIS JANKE skryf: Ai, ek hoop daar kom hulp vir daardie boere. Kom ons sien hoe Agri SA hulle gaan help. AfriForum het dit lankal sien kom!

THOBELANI PHAKADE ONGAGUGIYO skryf: As ons as gewone mense saamwerk en die kwessie van grond op ons eie pak, sal die politici geen skuiwergat­e vind nie.

SONET KRUGER skryf: Agri SA en dr. Theo de Jager moet liewer heeltemal stilbly. Dié ding kom nou al 24 jaar aan, en toe hulle nog iets aan die situasie kon doen, het hulle verkies om terug te sit en niks te doen nie. Daar is nou net een oplossing: Ons weier om enigsins verder oor die herverdeli­ng van grond te praat tot die mense soos verstandig­e grootmense begin optree. ’n Mens kan nie ’n land se toekoms met onverantwo­ordelike kinders beplan nie. Enige verdere onderhande­lings gaan eindig daarin dat ons ons grond verloor. Hoekom moet onbenutte grond onteien word? Daar is mos daarvoor betaal, en as ek net daarop wil woon en nie daarop boer nie, is dit mos my reg.

KOOS VAN DER MERWE skryf: Hulle wil net ’n toetslopie doen. As daar dan niks van ons kant gebeur nie, vat hulle alles.

ADÉLE CHARL CILLIERS skryf: Ag shame, Agri SA, nóú is jy geskok.

CHRISTO VAN GRAAN skryf: Hulle gaan nie boer nie. Hulle gaan Chinese inbring om te myn.

LOUIS SCHOEMAN skryf: Tyd om wakker te skrik, Agri SA!

MICHRIS JANSE VANRENSBUR­G skryf: Laat hulle een probeer. Dan kyk ons.

 ??  ?? Agri SA. “Ons is onverantwo­ordelike stellings in die aanloop tot die verkiesing te wagte, maar dié lys het slegs ten doel om goedkoop politieke steun te werf.”
In ’n dekbrief saam met die lys plase sê Ngxanga die oudit van private en staatsgron­d word gedoen sodat, sodra artikel 25 van die Grondwet verander is, daar spoedeisen­d voortgegaa­n kan word om die grond veral onder jong mense te verdeel wat belang stel om dit te bewerk.
Agri SA. “Ons is onverantwo­ordelike stellings in die aanloop tot die verkiesing te wagte, maar dié lys het slegs ten doel om goedkoop politieke steun te werf.” In ’n dekbrief saam met die lys plase sê Ngxanga die oudit van private en staatsgron­d word gedoen sodat, sodra artikel 25 van die Grondwet verander is, daar spoedeisen­d voortgegaa­n kan word om die grond veral onder jong mense te verdeel wat belang stel om dit te bewerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa