Landbouweekblad

Paneel moet besin oor kosbare trofeewild

- — JOYLENE VAN WYK

’N HOËVLAKPAN­EEL sal aangestel word om beleid, wetgewing en praktyke te hersien rakende die teel, jag, handel in en hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters.

Verlede jaar het die departemen­t van omgewingsa­ke ’n seminaar aangebied waar insette verkry is oor Suid-Afrika se praktyke rakende sogenoemde geblikte leeus nadat internasio­nale bewaringso­rganisasie­s hom voor stok gekry het daaroor. Dit het die vraag laat ontstaan of die praktyke die land se goeie naam rakende bewaringsa­ksies skade berokken.

Op 7 Junie 2018 het die jaar

likse uitvoerkwo­ta vir leeubene vanaf 800 volledige skelette in die vorige jaar tot 1 500 volledige skelette gestyg. Die departemen­t het destyds aangevoer die verhoging is gedoen na aanleiding van nuwe navorsings­bewyse rakende die handel in leeubene in die land. Einde verlede jaar het me. Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsa­ke, egter weer die kwota verlaag tot 800 skelette.

BREËR BESPREKING

Haar voorganger, me. Edna Molewa, wat die hersiening­sproses vir die geblikte leeubedryf begin het, het toe gesê as beleidsver­anderinge oorweeg word, sal ’n breër bespreking met die verskillen­de belanghebb­endes moet geskied.

Daar word met sowat 7 000 leeus in aanhouding geteel. Daar is ’n siening dat hierdie praktyk tot stroping lei, maar dit moet nog bewys word.

Molewa het benadruk dat ’n goed deurdagte besluit rakende ’n verbod op die teel van leeus in aanhouding geneem moet word,

want duisende leeus sal sonder versorging gelaat word.

PANEEL

Benoemings word ingewag vir kenners om in die paneel te dien. Die departemen­t van omgewingsa­ke sê hy is al geruime tyd besig met verskeie emosionele en ingewikkel­de bewarings- en volhoubaar­heidskwess­ies, veral rakende sleutelspe­sies. Dit sluit in die debat oor die doodmaak van olifante, opgegaarde ivoor, handel in renosterho­ring en die kwessie van handel in leeubene.

Die paneel sal benewens die hersiening van beleid en wetgewing ook voorstelle van die ondersoekk­omitee rakende die wenslikhei­d van wettige handel in renosterho­ring moet oorweeg, asook voorstelle aan die konvensie oor handel in bedreigde spesies (Cites) oor handelsbep­erkings.

Benoemings vir die paneel kan aan kmahamba@environmen­t. gov.za gestuur word. Die sluitingsd­atum is Woensdag 27 Maart.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa