Landbouweekblad

Onsekerhei­d oor grond strem steeds vertroue

- — CARIEN KRUGER

LANDBOUSAK­ELUI het in die eerste kwartaal van vanjaar effens meer vertroue gehad as in die vorige kwartaal, maar in die algemeen is sakevertro­ue nog laag.

Die landbousak­ekamer Agbiz en die nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (IDC) se sakevertro­ue-indeks was in die eerste kwartaal 4 punte hoër as in die laaste kwartaal van verlede jaar.

Op 46 was dit egter steeds onder die neutrale vlak van 50, wat daarop dui dat landbou-ondernemin­gs steeds pessimisti­es is oor saketoesta­nde in Suid-Afrika, sê mnr. Wandile Sihlobo (foto), hoofekonoo­m van Agbiz.

Die meeste respondent­e wat aan die kwartaalli­kse opname deelgeneem het, se bykomende kommentaar het, soos vorige kere, oor grondhervo­rming gegaan. Sihlobo sê hoewel die landbou beleggings in roerende bates, soos landboutoe­rusting, gehad het, is die uitkoms van die grondhervo­rmingspros­esse belangrik om vaste beleggings te lok.

OMSET

Landbousak­elui se vertroue rakende omset het wel goed gestyg – met 13 punte tot 61. Sihlobo sê dit was danksy groter optimisme in die subsektore tuinbou, lewende hawe, landbouche­mikalieë en wyn.

Verwant daaraan was daar ook ’n styging van 19 punte, tot 56, in die subsektor waar vertroue in uitvoervol­ume gemeet word. Die sitrus- en wynbedryf verwag goeie uitvoergel­eenthede danksy goeie oeste. In die lewendehaw­e-subsektor het vertroue ondanks die uitbreking van bek-enklouseer gestyg. Sihlobo skryf dit daaraan toe dat die departemen­t van landbou, bosbou en visserye in gesprek is met uitvoerbes­temmings in Afrika en die Midde-Ooste om die tydelike verbod op Suid-Afrikaanse beesvleis op te hef.

In teenstelli­ng met die subsektore waar vertroue verbeter het, het vertroue in algemene landboutoe­stande met 8 punte tot net 32 gedaal weens die ondergemid­delde reënval begin vanjaar, veral in die sentrale en westelike dele van die land.

Sakelui se vertroue in ekonomiese toestande het met 3 punte gestyg, maar staan nou op slegs 21, wat ver benede die gemiddelde op lang termyn is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa