Landbouweekblad

REKORDPRYS VIR MAKADAMIAS AANGEBIED

- – JASPER RAATS

’N PRYS van $21 (sowat R303) per kilogram makadamian­eute is die hoogste dollarprys wat ’n maatskappy boere nóg vir dié neute aangebied het.

Green Farms Nut Company (GFNC) van Witrivier in Mpumalanga het die prysaanbod aan boere vir die 2019-produksiej­aar aangekondi­g. Die prys, vir uitgedopte neute van die hoogste gehalte, is sowat 20% hoër as in 2018.

Die swakker rand en sterker internasio­nale prys vir makadamian­eute het ’n rol gespeel in die aanbod, sê mnr. Alex Whyte, hoof van Green Farms se bemarkings­afdeling.

Hy wys daarop dat neute van verskillen­de groottes en gehalte verskillen­de pryse behaal. Styl 1neute sal vir ’n boer $20/kg verdien, styl 2 $18,20/kg en styl 4 $17,30/kg. Vir styl 5, 6 en 7 sal boere $16,60/kg verdien.

Mnr. Allen Duncan, uitvoerend­e hoof van GFNC, sê die sterk vraag na uitgedopte neute vir die bestanddel­emark ondersteun ’n baie sterk dollarprys vir makadamian­eute.

CHINA

Volgens Whyte is die prys vir onuitgedop­te neute op die Chinese mark in hierdie stadium nie besonder goed nie. China het glo reeds aangekondi­g dat hy net die invoer van neute met ’n kern van groter as 22 mm sal toelaat. Dit is om die groeiende plaaslike makadamiab­edryf

daar te beskerm, wat in hierdie stadium kleiner neute van ’n swakker gehalte lewer.

“Ons sal die Chinese mark dophou. Die prysaanbod sal waarskynli­k later in die jaar verstewig, maar in hierdie stadium is dit nie vir ons lonend om neute soontoe te stuur nie, met die uitsonderi­ng van kultivars soos Beaumont, waarvan die kern geneig is om te verdeel wanneer die neut gekraak word.”

Duncan sê dat Chinese kopers al hoe meer geneig is om Australies­e neute te koop omdat geen invoertari­ef daarop betaalbaar is nie.

“Totdat daar ’n beter aanbod uit China kom, gaan ons ons op ander markte toespits,” sê Whyte.

 ??  ?? Mnr. Allen Duncan
Mnr. Allen Duncan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa