Landbouweekblad

KENNER PRYS PLAASLIKE BEWARINGSB­OERE

- — VIDA BOOYSEN

DAAR is boere in Suid-Afrika wat aan die voorpunt van internasio­nale herlewings­landbou staan. Dit is veral danksy die wyse waarop hulle vee in die stelsel inbring, het prof. Buz Kloot van die Universite­it van Suid-Carolina in Amerika gesê op Landbouwee­kblad se herlewings­landboukon­ferensie wat saam met Graan SA en die Ottosdal-geenbewerk­ingsklub by Ottosdal aangebied is.

“Ons wil ultrahoëdr­ukbeweidin­g toepas soos dit hier in Suid-Afrika gedoen word, en ons gaan ons eie groepe herlewings­boere byeenkry wat dié metodes uittoets. Dis onmoontlik om te bereken hoeveel ons van julle geleer het. Ek het in die afgelope week hier in Suid-Afrika vier werklik goeie grondprofi­ele gesien waar ek miskien drie soortgelyk­es in die afgelope paar jaar elders gesien het.”

Volgens Kloot was hy ook beindruk daarmee dat die veldtog om herlewings­landboupra­ktyke in Suid-Afrika te vestig, deur boere self aangevoer word, sonder hulp van die staat.

“In Amerika gee ons graag geld uit om probleme op te los. Die wonderwerk van herlewings­landbou hier in Suid-Afrika is hoe die boere self planne beraam om hul grond te bewaar met die hulp van enkele belanghebb­endes uit die private sektor.”

INSEKTE

Nóg ’n Suid-Afrikaanse herlewings­landboupra­ktyk wat die Amerikaner­s graag wil naboots, is die wyse waarop insektekun­diges toon hoe plaaslike boere die wenakkers kan benut om bestuiwers vir hul dekgewasse te plant. “Dis soos ’n hotel vir die heuningbye en predatore.”

Mnr. Egon Zunckel, bewaringsb­oer van Zunckel Farms naby Bergville in KwaZulu-Natal, het gesê een van die belangriks­te beginsels wat op die kongres beklemtoon is, is dat herlewings­landbou nie oor die toerusting of die praktyke gaan nie, maar oor die denkskuif wat ’n boer maak wanneer hy besluit om saam met die natuur te boer.

“Jy is nie ’n perd omdat jy in ’n stal geslaap het nie. Net so is jy nog nie ’n bewaringsb­oer as jy ’n geenbewerk­ingswerktu­ig oor die land trek nie.”

Sy raad aan ander bewaringsb­oere is om hulle op die bewaring van water en die opbou van koolstof in die grond toe te spits. “Tot 96% van alle plante bestaan net uit water en koolstof. Dis die basiese beginsel waar ons moet begin – nie by die wetenskap of die tegnologie nie. Doen eers die basiese dinge reg.”

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? ’n Boer sonder ’n graaf byderhand as hy land toe gaan, kan nie regtig weet hoe sake in die grond lyk nie, meen prof. Buz Kloot van die Universite­it van Suid-Carolina. Hier is hy in ’n profielgat in ’n sonnebloml­and op mnr. Danie Slabbert se plaas by Reitz.
FOTO: AMELIA GENIS ’n Boer sonder ’n graaf byderhand as hy land toe gaan, kan nie regtig weet hoe sake in die grond lyk nie, meen prof. Buz Kloot van die Universite­it van Suid-Carolina. Hier is hy in ’n profielgat in ’n sonnebloml­and op mnr. Danie Slabbert se plaas by Reitz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa