Landbouweekblad

NWKV wil Chinese na SA nooi oor verbod op wol

- — JOHAN NORVAL

DIE wolbedryf se kode van beste praktyk moet die minimum standaard wees waaraan Suid-Afrikaanse wolboere en hul skeersel moet voldoen. Terselfder­tyd moet wolboere voortgaan om by bedryfsnor­me aan te pas ten einde wol as ’n nismarkpro­duk aan die wêreld te lewer.

Dit was die boodskap van mnr. Guillau du Toit, voorsitter van die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV), op die organisasi­e se Vrystaatse kongres.

“Die boer moet sy verbruiker se behoeftes en voorskrift­e in ag neem,” het hy gesê. “Die benutting van moderne tegnologie is nie onderhande­lbaar nie, maar die wolboer moet steeds die basiese praktyke reg toepas.”

Volgens Du Toit kon die probleme weens die onlangse voorkoms van bek-en-klouseer in Limpopo voorkom gewees het as die naspeurbaa­rheidsbegi­nsels toegepas is, soos met die uitbreking van slenkdalko­ors in 2011.

Een van die NWKV se pogings om die wolhandel met China te herstel, is om ’n Chinese afvaardigi­ng na Suid-Afrika te nooi om hom daarvan te vergewis dat die uitbreking van bek-en-klouseer nie die nasionale wolskeerse­l bedreig nie.

NASPEURBAA­RHEID

Volgens Du Toit moet die wolbedryf hom toenemend op die naspeurbaa­rheid van sy produk toespits. Die boere wat suiwer Merinowol lewer, sal die vrugte pluk. Die wol van kruisrasse moet afsonderli­k gebaal en duidelik gemerk word.

Mnr. Cobus de Jager, Vrystaatse voorsitter van die NWKV, het gesê mens, dier en die omgewing moet eties en verantwoor­delik hanteer word in die produksie van wol as uitvoerpro­duk. “Die omgewing moet op ’n volhoubare manier bestuur word. Vergeleke met die ander uitvoerbed­rywe, moet ons erken dat daar ’n behoefte aan ’n ouditstels­el in die wolbedryf is om die naspeurbaa­rheid te waarborg.”

Die Vrystaatse NWKV het sy geldsake aansienlik verbeter en op ’n gunstige saldo vir 2018 afgesluit, nadat ’n tekort van R127 000 twee jaar gelede op sy begroting aangeteken is.

Mnr. Herman Archer, ondervoors­itter, volg De Jager as voorsitter op nadat De Jager vier jaar as voorsitter gedien het. Mnr. Dennis Louw is tot die nuwe ondervoors­itter verkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa