Landbouweekblad

BEDRYFSORG­ANISASIES WIL STRYDBYL BEGRAWE

- — JOHAN NORVAL

DIE rooivleisb­edryf sal doodbloei sonder samewerkin­g, het mnr. Dewald Olivier, uitvoerend­e bestuurder van die Suid-Afrikaanse Voerkraalv­ereniging, op die organisasi­e se jaarkonfer­ensie in Bloemfonte­in gewaarsku.

Hy het sy geesdrif uitgespree­k oor die nuwe gees van samewerkin­g tussen die verskillen­de bedryfsorg­anisasies in die waardekett­ing, en meen dis belangrik om bande te smee met die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) en die Rooivleis-abattoirve­reniging tot voordeel van die land se rooivleisw­aardeketti­ng.

“Ons kan nie sonder mekaar bestaan nie. In die verlede het onderlinge twis die produksiet­oestande vir boere, asook vir voerkrale, ondermyn.”

Olivier meen sekere doelstelli­ngs is groter as die onderskeie instelling­s in die bedryf. “Ons besef samewerkin­g is noodsaakli­k, soos met die onlangse hantering van die uitbreking van beken-klouseer. Benewens die samewerkin­g met die regering, was die interaksie tussen die belanghebb­endes in die bedryf fenomenaal.”

Volgens hom beëindig dié benadering die binnegeveg­te wat die rooivleisb­edryf tot dusver vertroebel het.

PRYSE EN BEMARKING

Die voortduren­de vingerwyse­ry oor die prysvlakke van speenkalwe­rs is vir Olivier een van die strydpunte.

“Dit is egter ’n normale uitvloeise­l van die ekonomiese beginsel van vraag en aanbod wat die prys bepaal,” het hy gesê.

Die bedryf moet eerder sy aandag toespits op bemarking aan ’n geskikte verbruiker, asook op watter snitte gekonsentr­eer word. “Ek besef dat prys vir almal uiters belangrik is, maar dit kan deur niemand anders as die ekonomie bepaal word nie.”

Mnr. James Faber, ondervoors­itter van die RPO, het gesê dat ou koeie nie verder uit die sloot gegrawe moet word nie.

“Laat ons tot die bevorderin­g van die rooivleisb­edryf bydra en sorg dat elke verbruiker ’n stuk rooivleis op sy bord geniet. Daardeur word die hele waardekett­ing gestimulee­r.”

 ??  ?? Mnr. Dewald Olivier
Mnr. Dewald Olivier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa