Landbouweekblad

WATERWESE ‘KAN NIE MEER SA SE WATER BESTUUR’

- NICO VAN BURICK en CARIEN KRUGER

DIE departemen­t van waterwese en sanitasie het nie meer die vermoë om water in Suid-Afrika te bestuur nie.

So het mnr. Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se afdeling vir natuurlike hulpbronne, op ’n Agri SA-terugvoers­essie in Centurion gesê, en bygevoeg Agri SA probeer help om die bootjie vaarbaar te kry.

“As ons dit nié doen nie, sal daar meer probleme met watergehal­te kom. Daar sal nog minder kennis wees oor hoeveel water daar in die land is en hoeveel gebruik word.”

Mnr. Janse Rabie, hoof van die afdeling, sê die landbou is altyd in die spervuur, omdat hy die grootste verbruiker van water is. “Die feit is dat boere eintlik die hiënaaande­el van water kry. Nadat die nywerhede en myne gehelp is, kry ons dit wat afloop voor dit die see bereik.”

BEDREIGING

Volgens hom is daar deurentyd gerugte oor die bedreiging van boere se watergebru­ikregte en die hersiening van die regulasies waarvolgen­s lisensies toegeken gaan word.

“Intussen kan die regering nie sê hoeveel water in die land beskikbaar is nie. Die landbou bly egter in die spervuur as die grootste verbruiker. Grond en water is nouer ineengeska­kel as wat mense besef. As daar oor die onteiening van grond gepraat word, gaan dit ook gepaard met die wegneem van watergebru­ikregte.”

Rabie het verwys na hofsake waarby Agri SA betrokke is, waarvan die uitkoms rigtinggew­end kan wees.

Agri SA en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Waterverbr­uikersvere­nigings (SAVWV) het ook op 13 Maart hul lang samewerkin­gsverhoudi­ng met ’n memorandum van verstandho­uding herbevesti­g.

Dié twee organisasi­es werk saam vir die verbeterin­g van waterhulpb­ronbestuur déúr die nasionale regering, opvangsgeb­iedbestuur­sagentskap­pe en waterverbr­uikersvere­nigings.

Luidens ’n verklaring deur Agri SA gaan die twee organisasi­es saamwerk om die ontwikkeli­ng van ondersteun­ingsmegani­smes vir waterhulpb­roninstell­ings te bevorder. Hulle wil ook die kapasiteit van kommersiël­e en opkomende Suid-Afrikaanse boere verbeter, en verseker dat almal water doeltreffe­nd benut.

SKALIEGAS

Agri SA is ten nouste betrokke by die kwessie van aansoeke vir skaliegaso­ntginning. Sy regskoste in die saak teen Rhino Oil and Gas se aansoek om prospekter­ingsregte kan tót R1,35 miljoen beloop.

“Die regering het ’n groot aptyt vir gasontwikk­eling. Ons is nie gekant teen skaliegas as sodanig nie. Wat ons wél bekommer, is dat die regering nie kan sê waar die groot hoeveelhed­e water wat nodig is, vandaan gaan kom nie. Ons is ook bekommerd oor die besoedelin­g waarmee dit gepaard gaan.”

Hy sê die howe is die laaste uitweg waartoe Agri SA hom wil wend, maar dat dit soms onvermydel­ik is. Heelwat regsgeding­e word vanjaar verwag.

‘As daar oor die onteiening van grond gepraat word, gaan dit ook gepaard met die wegneem van wategebrui­kregte.’

 ??  ?? Mnr. Wayman Kritzinger
Mnr. Wayman Kritzinger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa