Landbouweekblad

UITVOERGEW­ASSE LOK FUTURE FARMERS NA WES-KAAP

- LUCILLE BOTHA

WES-KAAPSE boere kan nou maklik en met gemoedsrus opgeleide jong mense met ’n ware passie vir die landbou opspoor en aanstel. Dít is danksy die Future Farmerspro­jek se nuwe kantoor in die Paarl.

Future Farmers het in 2006 in Howick, KwaZulu-Natal, ontstaan, toe me. Judy Stuart besef het watter uitdaging dit vir jong swart mense is om toegang tot die landbou te kry. Sy het ’n internskap­program opgestel om hulle voor te berei vir werk in die landbou, wat hulle ook twee jaar se ervaring op kommersiël­e plase gee.

Stuart verbind die toekomstig­e boere met kommersiël­e produsente. Ongeveer 200 plasings vind jaarliks plaas. Daar is selfs geleenthed­e vir topprestee­rders om vir ’n derde jaar op ’n oorsese plaas te gaan werk.

BELANGSTEL­LING

Volgens Stuart het ál meer jong mense vanaf die WesKaap na Howick gereis om deel te neem aan die program. Me. Nako Ndima, bestuurder van die kantoor in die Paarl, sê talle van die kandidate het spesifiek in gewasse soos druiwe, bessies of kernvrugte belang gestel. Dié tipe plase was nie in KwaZulu-Natal beskikbaar nie. Dit het die idee laat posvat om ’n kantoor in die Wes-Kaap te open.

Volgens Stuart skep die nuwe kantoor nie net beter geleenthed­e vir jong mense met ’n werklike belangstel­ling in Wes-Kaapse landboubed­rywighede nie, maar is dit ook ’n uitstekend­e geleenthei­d vir Wes-Kaapse boere om toegang te kry tot goeie werknemers. Hulle plaas ook mense in die sekondêre landboubed­ryf, soos by verwerking­sgeriewe.

HARDWERKEN­D

Een van die Wes-Kaapse boere wat dadelik die geleenthei­d aangegryp het, is mnr. Angus McIntosh van Spier buite Stellenbos­ch. Twee Future Farmers werk reeds die afgelope paar maande by hom op die plaas.

“My ervaring tot dusver was uiters gunstig. Judy is ongeloofli­k daarmee om mense deur te kyk en werklik te verstaan wat dit is wat hulle wil doen, en hulle daarvolgen­s uit te plaas. Die Future Farmers wat by my werk, is eerlik, hardwerken­d en goedhartig.

“Hulle is bereidwill­ige, geesdrifti­ge en vaardige jong mense. En dis juis die punt – hulle het ’n belangstel­ling in landbou en leer daarom makliker en vinniger.”

Ndima sê die Paarlse diens is dieselfde as in Howick, maar hulle moet nog woeker om netwerke te bou met oorsese plase in die nuwe bedrywe.

Voornemend­e kandidate of boere wat by die Future Farmers-projek betrokke wil raak, kan Ndima bel by 060 550 8729.

 ??  ?? Me. Judy Stuart
Me. Judy Stuart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa