Landbouweekblad

WEES OP DIE UITKYK NA DIÉ VIRUSSIEKT­E

Dit duur maande voor diere wat die siekte oorleef, weer gesond word.

-

DIE Rooivleisp­rodusente-organisasi­e maan boere om op die uitkyk te wees na gevalle van knopvelsie­kte, omdat die voorkoms daarvan die afgelope ruk toegeneem het. Boere word aangeraai om hul beeste daarteen in te ent.

Knopvelsie­kte by beeste is een van die siektes wat die grootste impak op produksie en wins het. Dit is ’n virussiekt­e en is deel van die pokke-virusgroep. Die siekte word gekenmerk deur koors, knoppe in die vel en geswelde limfnode. Dit veroorsaak ’n skerp afname in die vrugbaarhe­id en produktiwi­teit van ’n kudde. Die virus tas alle beesrasse aan en kom wydverspre­id in Suider-Afrika voor.

HOE KRY BEESTE KNOPVELSIE­KTE?

Die siekte word hoofsaakli­k deur bytende insekte, soos steekvlieë, veroorsaak. Blou-, bont- en bruinoorbo­sluise kan die siekte oordra. Omdat die draer so beweeglik is, kan dit oor ’n groot oppervlakt­e versprei word – selfs al is net een dier besmet.

Knopvelsie­kte kom gewoonlik in die nat somer- en herfsmaand­e voor, veral by diere wat in laaggeleë en waterryke gebiede wei, maar kan ook in ’n droë tyd uitbreek.

Binne kuddes versprei die siekte wanneer diere water- en voertrôe deel, omdat die besmette speeksel dikwels in die trog agterbly. Die virus beland in koeie se melk en só word hul kalwers besmet.

Mense kan die virus versprei met besmette toerusting, soos spuitnaald­e wat tydens uitbreking­s gebruik word of wanneer besmette semen vir kunsmatige inseminasi­e gebruik word.

VATBAARHEI­D

Alle diere wat nie daarteen ingeënt is nie, kan die siekte kry en tot 85% van ’n kudde kan besmet wees. Kalwers van diere wat nie ingeënt is nie, kan ook vatbaar wees, maar kalwers van ingeënte diere word tot ongeveer ses maande teen die siekte beskerm. Sover vasgestel kan word, speel wild nie ’n noemenswaa­rdige rol in die verspreidi­ng van die siekte nie.

SIMPTOME

Let op vir die volgende siekteteke­ns: Koors.

Verminderd­e eetlus.

Etterige en slymerige afskeiding deur die neus. Verhoogde speekselvl­oei.

Knoppe van 5-10 mm in die vel.

Oë wat ontsteek, met ’n afskeiding of traanvloei.

GEVOLGE VAN KNOPVELSIE­KTE

Die volgende gevolge van die siekte kan produsente se beursie ernstig raak: ’n Vrektesyfe­r van tot 40% in ’n kudde. Siek diere word baie maer omdat hul eetlus afneem.

Melk- en vleisprodu­ksie daal. Tydelike onvrugbaar­heid by koeie en bulle. Aborsies kan voorkom.

Die dier se vel word beskadig. Longontste­king (sekondêr) kan voorkom weens die dooie weefsel in die mond en lugpyp.

Dit duur maande voor diere wat die siekte oorleef, weer gesond word.

DIAGNOSE

’n Diagnose kan gemaak word deur die tipiese letsels en siekteteke­ns wat deur knopvelsie­kte veroorsaak word. Virusse kan van die velletsels gekweek word vir bevestigin­g. Gewoonlik word die siekte bevestig deur die uitwys van die knopvelsie­ktevirus onder die elektronmi­kroskoop.

SKYNKNOPVE­LSIEKTE

Beeste kan skynknopve­lsiekte (pseudo-lumpy skin disease) opdoen wat met knopvelsie­kte verwar kan word.

’n Veearts of ’n laboratori­um kan geraadplee­g word om tussen die twee siektes te help onderskei.

VOORKOMING EN BEHEER

Omdat insekte die belangriks­te rol speel in die oordra van die siekte, is die voorkoming deur kwarantynm­aatreëls en beperkings op die beweging van diere nie baie suksesvol nie. Siek diere moet afgesonder word en nie dieselfde voerkrippe en waterbakke as gesonde diere gebruik nie. Siek bulle se semen is ook besmet.

Inenting is die enigste praktiese manier om te keer dat knopvelsie­kte uitbreek.

Ent alle diere ouer as ses maande jaarliks, in die lente, teen knopvelsie­kte in. Alle diere moet jaarliks ingeënt word. Die inenting van diere tydens die voorkoms van knopvelsie­kte kan die siekte laat versprei as ’n aparte naald nie vir elke dier gebruik word nie.

Kalwers jonger as ses maande van vatbare koeie het nie ’n beskermend­e kolostrumi­mmuniteit nie, en hulle moet so gou moontlik ingeënt word as knopvelsie­kte ’n probleem in die gebied is.

Immuniteit by ingeënte diere ontwikkel ongeveer 10-14 dae ná inenting. Maak seker die entstof word nie aan lig blootgeste­l nie, want die ultraviole­tstrale sal dit onaktief maak.

Wanneer entstof gemeng word, moet diere so gou moontlik ingeënt word om die doeltreffe­ndheid van die entstofinh­oud te verseker.

BESMETTING NÁ INENTING

Die moontlikhe­id bestaan dat gevalle van knopvelsie­kte in ’n kudde wat daarteen ingeënt is, kan voorkom. Indien dit gebeur, kan die volgende faktore meestal die skuld kry: Die dier het die siekte reeds onder lede wanneer dit daarteen ingeënt word. Dit gebeur dikwels tydens ’n uitbreking.

As die entstof nie reg gehanteer word nie. Voorbeelde sluit in die verbreking van die kouekettin­g, die gebruik van ’n entstof wat reeds verval het, blootstell­ing aan sonlig en as die entstof gevries word en die hersaamges­telde entstof nie dadelik gebruik word nie. Foutiewe toediening van die entstof, soos wanneer die naald per ongeluk deur die vel gedruk word of as die verkeerde dosis toegedien word.

Wanneer kalwers van koeie wat voor kalftyd ingeënt is, voor die ouderdom van ses maande ingeënt word.

In enige kudde is daar altyd ’n klein persentasi­e diere wat ondanks inenting nie ’n goeie weerstandi­gheid ontwikkel nie. Hoë infeksievl­akke kan sommige diere se immuunstel­sel oorweldig.

As diere nie jaarliks ingeënt word nie, kan sommige diere hul weerstandi­gheid verloor.

As diere nie jaarliks ingeënt word nie, kan sommige diere hul weerstandi­gheid verloor. HIERDIE BLAD IS DEUR DIE RPO GEBORG. BERIGTE IS DEUR DIE RPO GESKRYF EN VERSKAF. RIG NAVRAE AAN DIE RPO BY TEL. 012 349 1102. E-POS: rpo@lantic.net .WEBWERF: www.rpo.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa