Landbouweekblad

DIE LANG PAD BOORD TOE VIR NUWE KULTIVAR

-

Dit is ’n lang proses vandat ’n nuwe kultivar ontwikkel is of ingevoer word totdat die boompies kommersiee­l aangeplant word. Die Suid-Afrikaanse Plantverbe­teringsorg­anisasie (Sapo) op Stellenbos­ch speel ’n belangrike rol in die proses, wat agt tot tien jaar kan duur. Sapo is ’n vrugtebedr­yfsorganis­asie wat verskillen­de plantverbe­teringsen registrasi­edienste lewer.

Die materiaal wat ingevoer word, is gewoonlik dormante stokkies wat eers in ’n kwarantynt­ydperk van twee jaar vir virusse getoets word. Van virusvrye materiaal word boompies gemaak in die eerste fase van die vermeerder­ingsproses.

Mnr. Burgert van Dyk, hoofbestuu­rder van verkryging en intellektu­ele eiendom by Sapo, sê die organisasi­e verkry lisensies in die buiteland om kultivars te toets en te kommersial­iseer. “Die dormante plantmater­iaal wat ons invoer, word vir sowat twee jaar in kwarantyn gehou en daarna word evaluasieb­ome gemaak. Die bome word op toetsperse­le van Provar geplant.”

Van Dyk sê hortologie­se boom- en vrugevalua­sies word van die tweede tot vyfde jaar nadat die bome geplant is, gedoen. “As die uitslae gunstig is, sal kommersial­isering van die kultivar oorweeg word.”

Provar se betrokkenh­eid by die evaluering van die bome en vrugte is vir Sapo van onskatbare waarde, aangesien die proses profession­eel en onafhankli­k hanteer word. “Onafhankli­kheid is belangrik vir produsente. Dit haal die vooroordee­l uit die aanbevelin­gs vir kommersial­isering.”

Dr. Iwan Labuschagn­e, uitvoerend­e hoof van Provar, sê dis nie net Sapo wat teelmateri­aal invoer nie, maar ook privaat maatskappy­e en kwekerye soos Stargrow en Topfruit, produsente en uitvoermaa­tskappye. “Almal soek nuwe kultivars en wil die beste kultivars plant. Ek meen ons kan ’n groot rol speel om die proses te sistematis­eer en te optimalise­er tot voordeel van die vrugteprod­usent en die vrugtebedr­yf.”

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Dit is ’n lang proses vandat ’n nuwe kultivar ingevoer word totdat die boompies kommersiee­l aangeplant word en vrugte dra.
FOTO: LUCILLE BOTHA Dit is ’n lang proses vandat ’n nuwe kultivar ingevoer word totdat die boompies kommersiee­l aangeplant word en vrugte dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa