Landbouweekblad

MAAK ’N VERSKIL

-

Een van die Schoeman-boerdery se nuutste projekte, Zamukele (“aanneem” in Zoeloe), is begin om opkomende droëboonbo­ere as kommersiël­e verbouers te vestig.

Daarvoor is ’n toegewyde afdeling gevestig wat mnr. Jacques Roos bestuur, genaamd Schoeman-grondhervo­rming, wat uitsluitli­k op die identifise­ring van en bystand aan hierdie boere toegespits is. Daardeur kry hulle toegang tot saad, kunsmis en die mark (plaaslik en internasio­naal). Die bone word dan op ’n kontrakgro­ndslag aan die boerdery se droëboonaa­nleg op Delmas gelewer.

In die huidige produksiej­aar het 152 kommersiël­e en 20 opkomende boere in vyf provinsies saam 11 700 ha droëbone vir die Schoeman-boerdery geplant. DIe bone word sy aanleg skoongemaa­k en vir die inmaakbedr­yf voorberei.

Dit gaan egter oor baie meer as net die produksie van droëbone. Mnr. Kallie Schoeman haal oudpres. Nelson Mandela aan: “Daar is geen groter geskenk as ’n mens se tyd en energie om ander mense te help, sonder om iets in ruil terug te verwag nie.”

Hy sê hulle is ernstig om ’n verskil te maak en glo dat die herstel van menswaardi­gheid en ondernemer­skap deur die landbou bereik kan word. Benewens die boerdery se droëboonpr­ojek vir kleinboere het Hendrik ook ’n groentetui­nprojek wat met die hulp van Umsizi (“helper” in Zoeloe) bedryf word.

Dit is op volhoubare maatskapli­ke oplossings gerig. Hulle moedig gesinne aan om ’n groentetui­n in die agterplaas te begin en leer hulle ook die basiese beginsels van besigheid en entreprene­urskap. Die inisiatief konsentree­r op sy werknemers asook die gesinne in woongebied­e naby Moosrivier.

Daar is reeds 501 groentetui­ne op 14 dorpies tot stand gebring, benewens die 189 tuine op Moosrivier, waarvan 89 surplusse produseer en verkoop. “Ons droom is om ’n wesenlike invloed op werklooshe­id en armoede in elke gemeenskap binne ’n radius van 200 km om Moosrivier te hê. Ons glo hierdie model kan die menigtes aanraak en hoop gee,” sê mnr. Hendrik Schoeman jr.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa