Landbouweekblad

VERSNELDE REPRODUKSI­ETEGNIEKE, NUWE TEELWAARDE­VOORSPELLI­NGS LOOP HAND AAN HAND

-

Sekere basiese boustene is nodig om die tempo van genetiese vordering in die regte rigting te laat versnel, sê dr. Japie van der Westhuizen, hoofbestuu­rder van SA Stamboek.

In die eerste plek moet ’n mens seker wees van die einddoel, met ander woorde in watter rigting jy wil selekteer sodat die nageslag van jou teeldiere meer jou doelwitte weerspieël. Daarna moet jy seker maak dat die diere wat as ouers gekies word, sulke nageslag sal voortbring.

Die voorspelli­ng hang af van hoe jy meet en in watter mate jy kan onderskei hoeveel van die voorsprong wat hulle bo medekandid­ate het, na hul nageslag oorgedra kan word wat die prestasie moet uitleef.

Huidige metodes neem metings self in ag, hoe die metings van die verwante kandidate van hul tydgenote verskil en in watter mate hierdie gemete waarde toe te skryf is aan omgewingsf­aktore wat nie na die volgende geslag oorgedra kan word nie. Dit is die bekende Blup-teelwaarde­s.

Daar is egter ’n probleem, sê Van der Westhuizen. “Wat staan ’n mens te doen met eienskappe wat nog nie gemeet kon word nie, soos kuddelewe of wat onmoontlik is om te meet omdat hulle net op een van die twee geslagte gemeet kan word, soos vroulike vrugbaarhe­id of melkproduk­sie? In dié gevalle moet ’n mens bykomende inligting bekom om jou voorspelli­ngsakkuraa­theid te verhoog.”

Hy meen die revolusie word veroorsaak deur ook genoominli­gting by die Blupvoorsp­ellings in te sluit. “Die akkuraathe­id van Blup-teelwaarde­s vir eienskappe, soos melkproduk­sie en melksamest­elling, vroulike reproduksi­e, kuddelewe, uiergesond­heid en ander soortgelyk­e eienskappe, is reeds op só ’n vlak by jong verse (of ooie) wat dit haalbaar maak om hulle te vergelyk met Blup-waardes van ouer koeie waarvan daar gewoonlik embrio’s gespoel is.”

Natuurlik geld die derde belangrike voorwaarde vir optimale seleksievo­rdering steeds, naamlik om parings te beplan om jou vinniger by jou doelwit te bring. “Die behoud van genetiese diversitei­t (deur intelingsv­lakke te beperk) en om die ‘beste’ met die ‘beste’ te paar, is die goue reëls.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa