Landbouweekblad

SPUIT VANDAG, OES MÔRE

- NAVRAE: Dr. Strauss Ferreira, e-pos: strauss@agroorgani­cs. co.za, 021 851 2403; Jaco Visser, e-pos: jvisser@viking.co.za, 082 449 6554.

Fitosanitê­re vereistes ten opsigte van uitvoerpro­dukte raak ál strenger, en produsente kan nie meer bekostig om kanse te waag met insekbestr­yding nie.

Minimum residuvlak­ke raak al strenger en maak dit moeilik om aan die bogenoemde fitosanitê­re vereistes te voldoen.

Bio-Neem is ’n biologiese middel met geen onthouding­speriode nie, en kan dus regdeur die seisoen toegedien word om vretende insekte te bestry. Dr. Strauss Ferreira van AgroOrgani­cs in Somerset-Wes voer die produk in.

“Bio-Neem bevat neem-olie met azadiracht­ien as aktiewe bestanddee­l. Dit word al honderde jare in organiese landbou vir insekbestr­yding gebruik.”

Die produk se reuk het ’n afwerende invloed op insekte, met die gevolg dat die insekte se voeding versteur word. Dit inhibeer ook die voortplant­ing van insekte deurdat eiers nie uitbroei nie. Nimfe se vervelling­s word versteur en dus gaan die insekte dood en bereik nie volwassenh­eid nie.

Bio-Neem het geen nadelige uitwerking op natuurlike parasiete nie en is dus baie voordelig in geïntegree­rde plaagbestr­yding, sê Ferreira.

Azadiracht­ien is ’n kontakdode­r en die insekte, nimfe en eiers moet raakgespui­t word om doeltreffe­ndheid te verseker. Mnr. Jaco Visser, ’n konsultant van Viking in Citrusdal, beveel aan dat minstens 400 liter per hektaar op gewasse soos rooibostee gebruik word. ’n Oplossing van 500 ml per 100 liter word toegedien.

PRYS: Op aanvraag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa