Landbouweekblad

VÁN BESSIES TÓT KRUIE IN VRAGHOUER

- NAVRAE: Mnr. Kobus Venter, e-pos: info@ verticalfa­rming. co.za, 065 947 3181.

Met Vertical Farming se hidroponik­a-vraghouer kan jy kruie, groente en selfs bessies in jou motorhuis, pakhuis of langs die straat produseer. Dié stelsel is toegerus met ’n gepatentee­rde LED-beligtings­telsel, en stel jou in staat om vars groente en kruie van uitstekend­e gehalte in so min as 28 dae te lewer.

Die vraghouer is toegerus met ’n watersirku­lasiestels­el volgens die voedingsto­f-filmtegnie­k. Die houer van 12 m kan tot 4 500 plante huisves, en tot 54 000 plante kan per jaar geoes word. Sowat 4 liter water per plant word in vier weke gebruik, na gelang van die spesie.

Mnr. Bradley Chancellor-Maddison, stigter en direkteur van Unite for Change, wat met ’n prototipe by ’n winkelsent­rum in Randburg boer, sê die stelsel werk baie goed en dat die vraghouer se beweeglikh­eid ’n groot voordeel is.

“Dit skep ’n uitstekend­e geleenthei­d vir ’n entreprene­ur omdat jy hierdie boerdery reg langs jou mark kan oprig. Jy kan die verpakking soggens in die vraghouer doen en dan 300 m ver stap om aflewering by ’n restaurant of kettingwin­kel te doen.”

Dit skakel die behoefte aan ’n koelkamer en duur vervoer uit. Die verbruiker is ook verseker van kraakvars produkte, wat vir die kettingwin­kel ’n voordeel is.

“Poeieragti­ge meeldou is steeds ’n probleem, maar ons ontwikkel tans praktyke daarteen. Die voordeel van die stelsel is dat plante elke dag 16 uur van eweredige groei ervaar. Dit verhoog die interne gehalte van die plant en verseker dat die gehalte van die geoeste produk ook baie goed is,” sê Chancellor-Maddison.

PRYS: Op aanvraag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa