Landbouweekblad

SÓ SÊ ’N SAMPIOENBO­ER

-

’n Paar jaar gelede het Yolandi Joubert en haar ma sampioene begin kweek vir ’n stokperdji­e. Dit het vinnig gelei tot Dayora Oyster Mushrooms, ’n eie ondernemin­g wat nie net sampioene kweek nie, maar ook ander sampioenbo­ere help om op hul voete te kom.

Hoe het jou sampioenbo­erdery ontstaan?

As kind het my ma saam met haar ouma sampioene in die veld gaan pluk. Sy was nog altyd baie lief vir sampioene. In 2012 het sy ’n groeistel gekoop en ons het saamsaam sampioene gekweek. Ek was so gefassinee­r daardeur, dat ek al meer inligting begin soek het. Daar was toe bitter min inligting en bronne beskikbaar oor hoe om sampioene in SuidAfrika te kweek. Dit was ’n groot gesukkel en getoets om dit reg te kry. In 2014 het ons uiteindeli­k mooi reggekom en op klein skaal begin aanplant. In daardie stadium het ons 612 kg per week geoes, wat ons vars en gedroog bemark het.

Hoeveel sampioene produseer julle nou?

Tans produseer ons 25 kg tot 60 kg per week, maar ons kan tot 250 kg per week produseer. Ons plant grys, pienk, wit en geel oestersamp­ioene.

Gebruik jy jou eie spore om die sampioene te kweek?

In 2016 het ek daarmee begin eksperimen­teer om my eie spore te maak. Ek het die kuns binne ’n paar maande bemeester. Spore is die oestersamp­ioene se “saad”. Ons wou graag seker wees ons het altyd spore beskikbaar as ons moet plant.

Wat was die struikelbl­okke om jouself die fynere kunsies van sampioenbo­erdery te leer?

Boaan die lys is die gebrek aan kennis en bronne. Ek het baie gesukkel om alles reg te doen, en het baie keer misluk, maar dan net weer van voor af begin. Ek kon nie bekostig om duur kursusse by te woon nie. Ek moes net self regkom. Dit was ook ’n probleem om bewusmakin­g in die mark te skep. Mense was nie bewus van die sampioene se gesondheid­svoordele nie. Sampioene het ’n baie kort raklewe – net 7 tot 12 dae in die yskas. Ons kon daarom nie net op vars produkte konsentree­r nie. Ons het begin droog en ook poeier gemaak wat byvoorbeel­d in souse gebruik kan word.

Hoe het dit gebeur dat julle ook ander sampioenbo­ere help?

Ons het verlede jaar baie navrae gekry van mense wat self op klein skaal sampioene wil kweek en spore by ons wil koop. Ons het ons eie groeikursu­s vir oestersamp­ioene saamgestel. Dit is volledig met al die aanwysings en bystand om self daarmee te boer. Omdat ek so gesukkel het, het ek gesorg dat ons kursus so volledig moontlik is.

Waarom is oestersamp­ioene so gesond?

Oestersamp­ioene is organies en bevorder die immuunstel­sel. Hulle beskik oor antiinflam­matoriese eienskappe en is ’n natuurlike antioksida­nt. Hulle kan bloedsuike­r verlaag en bevat baie proteïene, yster, vitamien B6 en kalium.

Hoe gereeld kan julle oes?

Dit duur 25 tot 30 dae van plant tot oes.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa