Landbouweekblad

Onteiening: Yanks maak stem dik

- — NICO VAN BURICK

AS voedselpro­duksie in Suid-Afrika deur onteiening sonder vergoeding benadeel word, kan dit tot ’n politieke en ekonomiese katastrofe vir die hele streek lei.

Dít was die kern van die gesprek tussen Amerikaans­e regeringsa­fgevaardig­des en lede van Agri SA, die ANC en Graan SA.

Agri SA is op 14 Maart saam met die ANC en Graan SA genooi vir ’n hoëvlakges­prek wat in opdrag van pres. Donald Trump van Amerika oor die grondkwess­ie aangevra is. Amerika se groep het bestaan uit mnr. John J. Sullivan, adjunkmini­ster van buitelands­e sake, en me. Jessye Lapenn, assistent-ambassadeu­r in Suid-Afrika.

Volgens Agri SA wou die Amerikaner­s spesifiek weet of die belanghebb­endes die moontlike gevolge van onteiening sonder vergoeding besef. Hulle het gepraat oor die beleggings­onse

kerheid wat dit teweegbrin­g, die moontlike uitwerking op voedselpry­se, die gesprekke tussen Agri SA en die regering, en die feit dat daar ’n veel groter behoefte aan stedelike behuising as landbougro­nd bestaan.

INVLOED

Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, sê dié organisasi­e het sy navorsing en kommentaar oor die onteiening­swetgewing openlik en eerlik bespreek op die vergaderin­g. “Sulke

geleenthed­e is ’n baie kragtige manier om beleid te beïnvloed, hoewel dit nie altyd raakgesien word nie. Ons is dankbaar teenoor die Amerikaans­e regering en die diplomatie­ke gemeenskap dat hulle landbou en ons boodskap ter harte neem. Ons is ’n deursigtig­e organisasi­e - die ANC was deel van die gesprek en ons boodskap bly dieselfde.”

Van Agri SA se kant is beklemtoon dat die organisasi­e gekant is teen onteiening sonder vergoeding, en dat grondhervo­rming

noodsaakli­k is, maar ordelik moet geskied. Die belangrikh­eid van transporta­ktes is oorgedra en daar is klem gelê op die goeie werk wat reeds gedoen is. Daar is ook gewys op ondersteun­ing wat verlang word vir ’n ontwikkeli­ngsfonds.

MISDAAD

Van Zyl sê die invloed van plaasmoord­e en misdaad op boere – wit en swart – én plaaswerke­rs is ook bespreek. “Ook die onsekerhei­d wat boere op grondvlak beleef oor hul toekoms in Suid-Afrika. Agri SA het hulle ingelig oor die groot aantal plaasmoord­e, en beklemtoon dat dié moordsyfer per capita hoër is as vir baie ander groepering­s.”

“Die vergaderin­g het in ’n baie goeie gees van samewerkin­g, ondersteun­ing en gesprekvoe­ring plaasgevin­d, en ons glo dit kan voortgesit word tussen ons en die ANC,” het mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA en direksieli­d van Agri SA, gesê.

 ?? FOTO: WIKIMEDIA COMMONS ?? Mnr. John J. Sullivan
FOTO: WIKIMEDIA COMMONS Mnr. John J. Sullivan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa